Gratis leesplanne en oordenkings oor MARKUS 8:29

WAAR HET YESHUA HOMSELF VERKLAAR - HOEKOM SPESIFIEK DAAR?
3 Dae
Waar het Yeshua Homself verklaar? Kom saam op ’n avontuur en ontdek die werklikheid van waar Yeshua Homself as die Messias van die mensdom verklaar het. Stap saam met ons die pad om beter te verstaan hoe ons Messias dink, en wat dit werklik vir ons beteken.

The Chosen + BibleProject: Reeks 4-Leesplan
7 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se identiteit en die aard van God se koninkryk, soos voorgestel in die Evangelies. Hierdie sewe-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se vierde reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Hierdie leesplan lei jou om mense se uiteenlopende reaksies op Jesus te bestudeer: aanstoot, twyfel en vertroue.

KONING JESUS: 'n Paasoordenking deur Timothy Keller
9 Dae
New York Times se blitsverkoper outeur en bekende pastoor, Timothy Keller, deel met ons 'n reeks episodes uit die lewe van Jesus, soos vertel in die Bybelboek Markus. Deur die verhale wat Paasfees voorafgegaan het, van nader te bekyk, bring hy nuwe insigte oor die verhouding tussen ons lewens en die lewe van die Seun van God. "JESUS THE KING" is nou in boekvorm en studiegids vir kleingroepe beskikbaar en is in boekwinkels te koop.
