Gratis leesplanne en oordenkings oor MARKUS 5:35

Eerder Geloof as Vrees
5 Dae
In tye van onsekerheid, kan dit maklik wees om oorweldig te voel. Die nuus, sosiale media en die mense om ons, kan ons angstig of bekommerd laat voel tydens gebeurtenisse wat 'n groot impak op ons maak. In sulke tye wanneer dit voorkom asof ons geen beheer oor gebeure het nie, kan ons vertroosting en vrede in die Woord van God vind.

VERTROUE - Hou God Aan Sy Woord en Leef Daarvolgens
5 dae
VERTROUE: Vertroue is aktief, nie passief nie; dit is nie net teoreties nie, maar ook prakties. Vertroue is oortuigde geloof in en gehoorsaamheid aan God se Woord ongeag die omstandighede en ten spyte van die gevolge. Hierdie evangelie-deurdringde leesplan sal jou help om praktiese maniere te ontdek om God aan sy Woord te hou en daarvolgens te lewe.

'n Beter Weg
7 Dae
Het jy al ooit gevoel, ongeag hoeveel dinge jy reg doen, dat dit altyd die verkeerde resultate oplewer? Dalk probeer jy met God kontak maak, maar jy voel of jy verder van Hom is as ooit tevore. As jy op die punt van ineenstoring is, is hierdie 7-dagleesplan, gelei deur Pastoor Craig Groeschel, beslis vir jou. Die tyd het aangebreek om nie langer vir Jesus te werk nie, maar eerder in Jesus se weg te wandel.

Geanker in geloof
7 Dae
Wat is geloof? Annes Nel wil jou in hierdie 7-dagleesplan herinner dat geloof is om in God te glo wanneer niks sin maak nie. Dit is ’n manier van lewe. Dit is wanneer ons gedagtes, woorde en dade deurspek is met die liefde vir die Here en vir ons medemens. Dit is wanneer ons élke dag in diens van die Here LEEF — sáám met Hom.