Gratis leesplanne en oordenkings oor MARKUS 10:16

Die Grootste Liefde
7 dae
God ken jou! Elke deel van jou menswees is in sy hart gegraveer en Hy koester jou met groot liefde. Jy kan elke dag sonder twyfel weet dat die grootste liefde van Hom af kom. Hy gee om vir jou en Hy verklaar dat jy Syne is! Leef vandag in sy liefde. Hierdie 7 oordenkings oor God se groot liefde kom uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG.

Verhoudingsraad Vir Mans
8 dae
Hoe sou dit wees as ons nie aan ons prestasies gemeet word nie, maar bemagtig word deur ons verhoudings? Deur verfrissende verhale onthul die skrywer, Roger Thomas, hoe 'n groot rol verhoudings daarin speel om 'n man te vorm. Begin vandag hierdie Life.Church leesplan saam met vriende.

Om Dankbaarheid te Kies
10 Dae
Daar is so baie van ons wat gefrustreerd, angstig en met 'n gevoel van oorweldiging lewe. Ons hoef nie so te lewe nie. Nuwe gewoontes kan gevorm word. Nuwe hoop kan gevind word. Vreugde is net om die draai. Hoe kom ons daar? Die geestelike oefening van dankbaarheid is dikwels die verlore sleutel om die hoop, vreugde en prag rondom ons te ontsluit.

Oomblikke Van Inspirasie
10 dae
Op enige tydstip in jou lewe kan jy jou in ’n uitdagende situasie bevind – van spanning by die werk en huishoudelike uitdagings tot finansiële probleme. Ware moed spruit egter uit die wete dat God groter is as jou grootste probleem en dat Hy wil hê jy moet sy krag gebruik in sulke omstandighede. Skep moed met hierdie 10 kort en kragtige oordenkings uit OOMBLIKKE VAN INSPIRASIE.

Die Heerlikheid van God in die Hemel.
10 Dae
As Christene word ons groot en hoor ons verhale oor Jesus, wat uiteindelik in ons plek gesterf het, en uit die dood opgestaan het om ons opstanding na die hemel te waarborg. Ons het die wysheid en kennis om te verstaan dat die hemel ons tuiste is. Ons sal die heerlikheid van God in die hemel sien. Hierdie 10-dag leesplan fokus op ons ewige, perfekte tuiste in die hemel.

Wilde Lewe — Begin Werklik Lewe
12 Dae
Jesus het nie sy volmaakte lewe prysgegee net sodat jy deur joune kan kom nie. Sewe ouens — soos jy — het 'n paar dae opsygesit om rustig te raak, pret te hê, antwoorde te soek en alles op video vas te vang. Gaan die lewe net oor werk en spanning? Hoe klim ons van die prestasie-trapmeul af? Kan ek van verslawing vryraak? Hoe begin ek regtig lewe? Begin hierdie Life.Church leesplan saam met 'n paar vriende om uit te vind.