Gratis leesplanne en oordenkings oor MARKUS 1:1

Die Evangelie van Markus met Francis Chan
5 dae
Voel jy dat Markus ’n baie belangrike deel van Jesus se storie oorgeslaan het? Kan ons steeds die realiteit besef dat God ’n persoon geword het, sonder om te hoor van Jesus se bonatuurlike geboorte? Die antwoord is ja. In hierdie Bybelstudie van RightNow Media en Francis Chan, vra Francis vir ons: “Het jy al werklik die impak van daardie stelling oorweeg – die gebeurtenis toe God mens geword het?”

Waarom Jesus Gebore Is
5 Dae
Waarom is Jesus gebore? Dit mag dalk na 'n eenvoudige vraag klink, te bekend om oor na te dink. Wanneer jy dié jaar vir Kersfees voorberei, ruim tyd in om die dieper betekenis en doel van Jesus se geboorte vir jou lewe en die hele wêreld te bepeins. Hierdie 5-dag leesplan is deur Scott Hoezee geskryf en uittreksels is uit die Words of Hope daaglikse oordenking geneem.

KONING JESUS: 'n Paasoordenking deur Timothy Keller
9 Dae
New York Times se blitsverkoper outeur en bekende pastoor, Timothy Keller, deel met ons 'n reeks episodes uit die lewe van Jesus, soos vertel in die Bybelboek Markus. Deur die verhale wat Paasfees voorafgegaan het, van nader te bekyk, bring hy nuwe insigte oor die verhouding tussen ons lewens en die lewe van die Seun van God. "JESUS THE KING" is nou in boekvorm en studiegids vir kleingroepe beskikbaar en is in boekwinkels te koop.