Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 5:48

Om Soos Jesus te Leef
5 Dae
As ons Jesus met ander wil deel, moet ons soos Hy leef, soos Hy liefhê en soos Hy luister. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons Jesus se lewe van naderby bekyk om te sien hoe ons behoort te leef.

Reis Lig
7 Dae
In 'n besige Kersfeestyd ondervind die meeste van ons die spanning en angstigheid van gesinsverhoudings, finansiële druk, vinnige besluite en verwagtinge wat nie vervul word nie. Kom nou. Haal diep asem. Begin met hierdie leesplan van Life.Church en besef dat die las wat ons dra nie iets is wat God ons gegee het nie. Sal jy van die bagasie ontslae raak? Kom ons reis lig.

Wortel Voor Jou Neus
7 Dae
Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit in hierdie nuwe leesplan van Life.Church, wat saamgaan met pastoor Craig Groeschel se reeks, "Chasing Carrots".

Kom Sit By My
7 Dae
Menswees is moeilik. Om met ander mense in verhoudings te wees is selfs nóg moeiliker. Of jy jou weg deur politieke of godsdienstige verskille voel, met giftige mense te doen het of met jou eie onvergewensgesindheid, is die vraag hoe ons hierdie stryde moet hanteer waaroor niemand wil praat nie? Hierdie leesplan sal jou wys hoe jy nader aan God en ander kan groei deur die omstandighede waarvan jy liewer wil weghardloop. Ontdek die hoop en vryheid wat na vore kom wanneer jy leer om jou te verlustig in jou verskille, liefde te midde van onenigheid en om selfs met ongemak te kan leef.

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing
7 dae
Een van die heel belangrikste vrae van ons tyd, is die vraag: Wat is die sin van die lewe. In hier Leesplan kyk ons na wat die Woord hieroor sê.

12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy
12 Dae
Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

Om Soos Jesus Lief te Hê
13 Dae
Hoe kan ons leer om soos Jesus te leef as ons nie eerstens soos Hy liefhet nie? Lees saam met Life.Church personeel en huweliksmaats terwyl hulle die ondervindinge en Skrifgedeeltes deel wat hulle inspireer om voluit te leef en Soos Jesus Lief te Hê.

Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & Antwoorde
21 Dae
Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

Leef 'n Lewe Wat God Eer
23 Dae
In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 en 3 van Petrus se brief.

God se Hartklop
30 Dae
'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.