Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 5:47

Om Soos Jesus te Leef
5 Dae
As ons Jesus met ander wil deel, moet ons soos Hy leef, soos Hy liefhê en soos Hy luister. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons Jesus se lewe van naderby bekyk om te sien hoe ons behoort te leef.

Om Vrygewig te Wees: Met en Sonder Geld
5 Dae
Jy kan 'n miljardêr wees, of jy kan in die skool wees — hoe dit ook al sy, jy kan vrygewig wees. Om vrygewig te wees het minder met jou bankrekening en meer met jou ingesteldheid te doen. Jesus het ruimhartig geleef en Hy nooi jou uit om sy leiding te volg. Hierdie 5-dag leesplan sal jou eenvoudige stappe gee om vrygewig te leef.

Reis Lig
7 Dae
In 'n besige Kersfeestyd ondervind die meeste van ons die spanning en angstigheid van gesinsverhoudings, finansiële druk, vinnige besluite en verwagtinge wat nie vervul word nie. Kom nou. Haal diep asem. Begin met hierdie leesplan van Life.Church en besef dat die las wat ons dra nie iets is wat God ons gegee het nie. Sal jy van die bagasie ontslae raak? Kom ons reis lig.

Wortel Voor Jou Neus
7 Dae
Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit in hierdie nuwe leesplan van Life.Church, wat saamgaan met pastoor Craig Groeschel se reeks, "Chasing Carrots".

Geen Aanstoot
7 Dae
Vanaf die nuutste nuushooftrekke tot die sosiale media kommentaar, elke dag is daar genoeg geleenthede om aanstoot te neem. Wat as ons besluit om anders te reageer? In hierdie 7-dag leesplan wat Pastoor Craig Groeschel se Geen Aanstoot reeks vergesel, sal ons leer hoe om die woede wat ons terughou en ander gevange neem, oor te gee.

Kom Sit By My
7 Dae
Menswees is moeilik. Om met ander mense in verhoudings te wees is selfs nóg moeiliker. Of jy jou weg deur politieke of godsdienstige verskille voel, met giftige mense te doen het of met jou eie onvergewensgesindheid, is die vraag hoe ons hierdie stryde moet hanteer waaroor niemand wil praat nie? Hierdie leesplan sal jou wys hoe jy nader aan God en ander kan groei deur die omstandighede waarvan jy liewer wil weghardloop. Ontdek die hoop en vryheid wat na vore kom wanneer jy leer om jou te verlustig in jou verskille, liefde te midde van onenigheid en om selfs met ongemak te kan leef.

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing
7 dae
Een van die heel belangrikste vrae van ons tyd, is die vraag: Wat is die sin van die lewe. In hier Leesplan kyk ons na wat die Woord hieroor sê.

Een Hart - Die Krag Van Die Woord
7 Dae
In Johannes 17 bid Jesus dat ons deur die waarheid geheilig sal word — die Woord van God. Ware eenheid word nie net op gevoel of inspanning gebou nie, maar op ’n gemeenskaplike fondament in Hom. Hierdie 7-dae-reis nooi jou om die transformerende krag van die Skrif te ervaar — om jou hart te vorm, jou denke te vernuwe en jou verhoudings te lei. Terwyl jy met die Woord van God besig is, laat Hom jou lei na dieper eenheid met Christus en sy mense. Hierdie is week 3 van die Een Hart-reis.

Liefde Is 'n Persoon
8 Dae
As volgelinge van Jesus glo ons dat God liefde is, maar baie keer is ons vermoë om ander lief te hê 'n uitdaging. Miskien is dit omdat liefde nie net 'n gevoel of sterk emosie is nie. Liefde is 'n Persoon. Gaan op 'n reis deur 1 Korintiërs 13 en ontdek die Persoon van liefde en hoe ons deur Hom, ander beter lief kan hê.

12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy
12 Dae
Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

Verkondig die evangelie van Jesus Christus
12 dae
Mense benodig die Here Jesus soos nog nooit tevore nie, en vir baie sal hulle net die evangelie hoor en dit deur ons lewens sien! Matteus 10:26-27 sê: "Moenie geïntimideer word nie." Uiteindelik gaan alles oop wees, en almal sal weet hoe dit werklik is. Angus Buchan moedig jou in hierdie 12-dag-leesplan aan om die evangelie te deel en die hele wêreld te vertel dat Jesus die Here is!

Om Soos Jesus Lief te Hê
13 Dae
Hoe kan ons leer om soos Jesus te leef as ons nie eerstens soos Hy liefhet nie? Lees saam met Life.Church personeel en huweliksmaats terwyl hulle die ondervindinge en Skrifgedeeltes deel wat hulle inspireer om voluit te leef en Soos Jesus Lief te Hê.

