Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 28:9

Jesus is sterker
6 Dae
Die wêreld is 'n slagveld – nie net in die letterlike sin, wanneer nasies of groepe oorlog voer nie, maar ook op 'n geestelike vlak. Die Satan het oorlog gevoer teen God en sy mense. Alhoewel dit dalk skrikwekkend klink, is dit belangrik om te onthou dat Jesus groter is. Hy het mag oor sonde, oor die Satan, en selfs oor die dood. En as jy aan Hom behoort, deel jy in sy oorwinning.

Dapper Kinders
28 Dae
Die Bybel is vol voorbeelde van wonderlike mense wat hulle moed ten toon gestel het. Kan 'n kind egter buitengewone moed in hulle doodgewone lewens uitleef? Hierdie leesplan sluit 'n paar kindervriendelike videos van 'n paar Bybelhelde in, en neem ons deur hulle verhale van moed terwyl ons ook ander Bybelverse en Skrifgedeeltes verken wat ons uitdaag om met moed te lewe in ons daaglikse omgang met Christus.