Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 26:15

My Saligmaker Leef
7 Dae
Die goeie nuus vir ons is dat Jesus Christus – ons Saligmaker – lewe. Sy geboorte en lewe is nie iets wat ons ons maar net verbeel het nie – dit is die grootste verhaal wat daar is! Terwyl ons God se grootste geskenk aan die wêreld vier, kan ons ook elke dag met die sekerheid leef dat Hy die pad saam met ons stap – elke dag van die jaar.

Vir die Vreugde Wat Vir Hom In Die Vooruitsig Was: 'n Paasoordenking
8 Dae
Die laaste week in Jesus se lewe op aarde was nie 'n gewone week nie. Dit was tyd vir bitter-soet totsiens-sê, vir oorvloedige geskenke, wrede verraad en gebede wat die hemel geskud het. Herleef hierdie week, van palmsondag tot die mees wonderbare opstanding, terwyl ons saam deur die Bybelse verhaal lees. Ons sal saam met die skares in Jerusalem se strate juig, in woede op Judas en die Romeinse soldate skree, saam met die vrouens by die kruis huil en op Paassondag met sonsopkoms feesvier!

Liefde Bly Staan Heilige Week
8 Dae
Dit is moeilik om ons voor te stel wat Jesus in die dae voor die kruisiging gedink of gevoel het, maar van een ding is ons seker — die vertroue en versekering wat Jesus het in die goeie en getroue liefde van God. Gaan gedurende hierdie Heilige Week saam met Jesus op 'n geestelike reis deur die Evangelies, vra aan God 'n eenvoudige vraag en beleef die enorme liefde van God.

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te Vier
8 dae
Oor die afgelope 1 600 jaar, herdenk Christene regoor die wêreld die laaste dae van Jesus se lewe gedurende die "heilige week". Hierdie 8-dag leesplan sal verduidelik wat op elk van Jesus se laaste dae gebeur het en waarom dit plaasgevind het, alhoewel dikwels tragies, is dit tog uiteindelik goeie nuus. Daar sal elke dag 'n kort leesstuk uit 'n psalm, een van die Ou Testamentiese profete en 'n paar verse uit die Nuwe Testament wees. Daar sal ook 'n kort oordenking wees om jou deur daardie gedeeltes te lei om die diepsinnige van Jesus se laaste dae op aarde te besef.