Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 26

Die Verhaal van Paasfees
7 Dae
Hoe sal jy lewe as jy weet dat dit jou laaste week is? Die laaste week van Jesus se lewe as mens op aarde, was met onvergeetlike oomblikke gevul: vervulde profesieë, intieme gebede, diep gesprekke, simboliese dade en wêreld-veranderende gebeurtenisse. Hierdie leesplan is ontwerp om die Maandag voor Paasfees te begin, en dit neem jou elke dag deur die hoofstukke van die vier evangelies, wat die verhaal van daardie heilige week vertel.

Die Evangelies
30 Dae
Hierdie leesplan, wat saamgestel en aangebied word deur die span by YouVersion.com, sal jou help om in dertig dae deur al vier Evangelies te lees. Kry 'n goeie begrip van Jesus se lewe en bediening in 'n kort tydjie.

Kom Ons Lees Saam die Bybel (April)
30 Dae
Deel 4 in 'n reeks van 12, wat groepe in 365 dae deur die hele Bybel lei. Nooi ander om elke maand by jou aan te sluit as julle 'n nuwe afdeling begin. Hierdie reeks werk goed saam met die Bybel op CD — luister in minder as 20 minute per dag! Elke afdeling sluit Ou- en Nuwe Testamentiese hoofstukke in, met Psalms tussendeur versprei. Deel 4 bevat die boeke van Matteus en Job.