Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 20:30

Die Laaste Pyl
5 Dae
Roep jou siel dit luid uit dat jy vir meer gebore is as die lewe wat jy nou lei? Het jy jouself te kort gedoen, nie voldoende geleef nie en God se doel vir jou onderskat? In hierdie 5-dag leesplan sal leier-pastoor Erwin McManus, dapper denker van Mosaic, die weg aanwys om 'n lewe van passie, avontuur en moed te leef. Die leesplan is op sy boek, "The Last Arrow" gebaseer. Ontdek hoe om jou drome heelhartig na te strewe, om hierdie lewe voluit te leef en met die spreekwoordelike "leë pylkoker" te sterf.

Drome wat Herleef
7 Dae
Wat moet ons doen wanneer dit lyk of ons drome buite bereik of selfs verpletter is? Nadat ek mishandeling en trauma oorkom het, asook die hartseer van 'n egskeiding, kom ek herhaalde kere voor hierdie vraag te staan. Of jy die verwoesting van 'n tragedie of verlies ervaar het, of die frustrasie van 'n lang wagtydperk, God se droom vir jou lewe is nog lewendig! Vriend, dit is tyd om weer te droom.

Woordspieël: Matteus
28 Dae
In 2 Korintiërs 3:18 sê Paulus dat wanneer ons God se heerlikheid aanskou soos in 'n spieël, ons na daardie selfde beeld waarna ons kyk, verander sal word deur die Heilige Gees. Ons weet dat Jesus die heerlikheid van God is. Die volheid van die Godheid word in Jesus aan ons geopenbaar. Van Genesis tot Openbaring word Jesus aan ons bekend gemaak. In hierdie leesplan word jy gevra om een hoofstuk op 'n dag deur Matteus te lees. Daar word dan een Skrifgedeelte uit die hoofstuk uitgelig waaroor 'n kort oordenking gedoen word.