Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 2:22

God Lei Jou
4 dae
In hierdie Bybelleesplan sal lesers in die Skrif die baie maniere ontdek hoe God sy kinders lei. Namate jy die lewe se bergpiek-, vallei- of wildernis-ervaringe deurreis, kan jy vandag bemoedig wees dat God jou sal lei!

BibleProject | Ontdek die tema van die Eksodus-weg in die Skrif
8 dae
Hierdie leesplan volg die tema van die Eksodus-weg deur fundamentele verhale in die Ou Testament, sleutelvertellings oor Johannes die Doper, Jesus — en ander gedeeltes waar die hele skepping verlossing ervaar. Saam stel hierdie gedeeltes die eksodus nie as een gebeurtenis voor nie, maar as God se primêre manier van redding – ’n uitweg uit die duisternis, deur herskepping en 'n nuwe lewe in.

KERSFEES: God se Reddingsplan Verwesenlik
14 Dae
Die valse gode wat deur die mensdom bedink is om definisie te gee aan 'n god wat hulle geweet het moet bestaan, was nie verbasend nie ... baie soos die mensdom. Hulle moes deur dade van toewyding oorgehaal en omgekoop word om van ons kennis te neem. Die een ware God het egter die inisiatief geneem en ons uitgesoek — om ons na Homself terug te red. Dit is die Kersverhaal.

'n Wonder sonder Tydsgrense | 'n Leesplan vir Kersfees deur New Life Church
19 Dae
Hierdie 3-weeklange leesplan neem ons deur die tydlose wonder van hoe God deur sy Seun, Jesus, na ons toe gekom het. Die leesplan is ontwerp om op 'n Maandag te begin sodat elke naweek 'n korter inhoud sal insluit wat bedoel is vir rus en nadenke gedurende die vakansietyd. Sluit by ons aan terwyl ons bestudeer wat die geboorte van Christus vir ons toekoms, hede en verlede beteken.

'n Moeë Wêreld Juig — 'n Advent-leesplan
28 Dae
Moenie jou fokus oor die rede van die Kerstydperk verloor nie — Jesus. Om Advent te vier is 'n pragtige manier om Christus sentraal in die vakansie te hou en in hierdie leesplan gaan jy 'n reis deur die Skrif neem om ons Koning te aanbid met daaglikse Bybel lesings en oordenkings.

Woordspieël: Matteus
28 Dae
In 2 Korintiërs 3:18 sê Paulus dat wanneer ons God se heerlikheid aanskou soos in 'n spieël, ons na daardie selfde beeld waarna ons kyk, verander sal word deur die Heilige Gees. Ons weet dat Jesus die heerlikheid van God is. Die volheid van die Godheid word in Jesus aan ons geopenbaar. Van Genesis tot Openbaring word Jesus aan ons bekend gemaak. In hierdie leesplan word jy gevra om een hoofstuk op 'n dag deur Matteus te lees. Daar word dan een Skrifgedeelte uit die hoofstuk uitgelig waaroor 'n kort oordenking gedoen word.