Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 16:15

Die Leerstellings Van Genade
5 Dae
Hierdie 5-dag leesplan is 'n in-diepte studie oor die leerstellings van genade. T.U.L.I.P is 'n teologiese akroniem wat die opperheerskappy van God verhoog. Die verheerliking van God se genade, is die waarheid waaraan uitdrukking in die leerstellings van genade gegee word.

Begin 'n Verhouding met Jesus
7 Dae
Begin jy met 'n nuwe geloof in Jesus Christus? Wil jy meer weet omtrent Christenskap, maar is nie seker wat – of hoe – om te vra nie? Begin dan hier. Geneem uit die boek "Start Here" deur David Dwight en Nicole Unice.

Jesus Het My Lief
7 Dae
As iemand jou sou vra: "Wat moet ek glo om 'n Christen te wees?" hoe sal jy antwoord? Deur die lirieke van 'n geliefde lied te gebruik: "Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God", bied 'n voormalige joernalis, tans dienende pastoor, jou hulp aan om te verstaan wat jy glo en waarom. Topverkoper-skrywer, John S. Dickerson, verduidelik noodsaaklike Christelike oortuigings en illustreer kragtig waarom hierdie oortuigings saak maak.

Die Karakters van Paasfees: Simon Petrus
10 Dae
Petrus was maar net 'n visserman vanuit die afgeleë gebied van Galilea. Jesus het hom egter geroep en hy het die rots geword waarop die kerk gebou is. Hy was 'n getuie van die lewensbelangrike gebeure van die kruis en leë graf. Kom saam met die skrywer, Daniel Darling, op hierdie 10-dag leesplan om die lewe van Simon Petrus, 'n onwaarskynlike karakter wat deel is van Jesus se verhaal, te ontdek.

Die basiese beginsels van die Christelike geloof
13 Dae
As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!

Meer As 'n Timmerman
14 Dae
Is Jesus werklik die Here wat Hy beweer het Hy is? In hierdie twee weke lange oordenking sal jou denke geprikkel word deur insigte vanuit die moderne klassieke boek, "More Than a Carpenter". Jy sal oor belangrike argumente omtrent geloof lees, van 'n skeptikus wat 'n gelowige geword het. Josh McDowell wou die bewerings van Jesus Christus weerlê, maar die bewyse wat hy gevind het, het juis die teenoorgestelde tot gevolg gehad. Kom oorweeg die feite. Ervaar God se liefde en kyk dan wat gebeur.