Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 6:1

God wat Wondere Doen: Niks is vir God Onmoontlik nie
5 Dae
Hierdie leesplan herinner jou daaraan dat God steeds wondere doen. Hy is die Een wat ’n weg maak waar daar geen pad is nie – die God van tweede, derde en duisendste kanse. Wanneer alles verlore lyk, bly Hy getrou. Hy herstel, heropen, herskep. As jy moed verloor het, hoop nodig het, of glo dit is te laat – kom ontdek weer dat niks vir God onmoontlik is nie. Jy kan aan Hom vashou.

Bewys
7 Dae
Te veel van ons gaan deur die lewe met die gevoel dat ons nie daarvoor opgewasse is nie. Dit lyk asof ons altyd na meer dors. Ons dink dat as ons net harder kon werk of beter kon wees, ons genoeg sal wees. Die waarheid is egter dat ons nooit genoeg sal wees nie. Gelukkig hoef ons nie te wees nie. In Proven, gaan Jenny Allen deur sleutelgedeeltes in die boek van Johannes om te wys hoe net Jesus genoeg is. Ons hoef niks te bewys nie, want Jesus het reeds alles bewys. In hierdie 7-dag leesplan sal jy onderwerpe soos God se triomf oor die dood, geloof in sy daaglikse leiding en hoe om in intimiteit met Christus te groei, ondersoek. Vind uit hoe ons dorstige harte slegs deur die Lewende Water stilgemaak kan word

Dís my Jesus.
7 dae
Jesus Christus se wondertekens op aarde wys ons hoe God se krag kan transformeer en vermenigvuldig. Hy vul ons met sy liefde. Hy red ons omdat ons in Hom glo. Hy bring genesing. Hy voorsien in al ons behoeftes. By Hom het ons die ewige lewe. Ek en jy is tot alles in staat deur Jesus Christus wat ons die krag gee.

Heilige Week met Die Uitverkorenes
8 Dae
Deur 'n mengsel van Skriflesings, uittreksels uit "Die Uitverkorenes" en oordenkingsmateriaal, sal hierdie 8-dae Heilige Week leesplan diep besinning en gebed aanwakker terwyl jy reg in die middel geplaas gaan word van sleuteloomblikke tydens Jesus se laaste dae van bediening op aarde: vandat Hy Jerusalem binnery tot by die skoonmaak van die Tempelhowe, na die Bovertrek - en verder in die Tuin.

Afwagtend - 'N Lewe Gevul Met Wonderwerke
9 dae
Afwagtend - 'n Lewe Gevul Met Wonderwerke. In ons lewens is daar volop geleenthede vir wonderwerke om te gebeur. Die uitdaging is gewoonlik om onsself in pas te kry met God se plan vir ons lewens sodat ons hierdie wonderwerke kan beleef.

Onverskrokke Gebede
14 Dae
Ons kom dikwels in die versoeking om slegs gebedsversoeke na God te neem wat reeds 'n geskiedenis het om beantwoord te word. God wag egter om ons omstandighede tot baanbrekende, geskiedenismakende wonderwerke aan te vuur, as ons maar net die geloof het om te vra vir dit wat oneindig ver bo en buite menslike bereik is. Sukkel jy om 'n paar uitdagende gebede te bid? As dit die geval is, is hierdie 14-daglange reis vir jou.

Ontdek jou Finansiële Pad
28 Dae
Hierdie leesplan is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word. Het jy hulp nodig om God eerste in jou finansies te stel? Laai maandelikse en/of weeklikse begrotingsvorms af, kyk na preke en word aangemoedig deur suksesverhale by www.newspring.cc/financialplanning

Wandel deur Johannes
28 Dae
Werk elke dag deur verskillende hoofstukke en verse om Jesus persoonlik te ontmoet. Johannes is 'n wonderlike boek vir elke kind van God, maak nie saak of jy gister tot wedergeboorte gekom het en of jy al vir 70 jaar die Here dien nie, daar is elke dag iets nuuts wat ons van Jesus kan ontdek. Geniet die avontuur saam met Johannes.