Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 21:22

Volg Die Here Met Jou Hele Lewe
5 Dae
Hierdie 5-dagleesplan moedig jou aan om die Here met fokus en vertroue te volg. Deur hierdie Skrifgedeeltes ontdek jy hoe God jou wil lei, jou van vrees wil bevry en jou help om afleidings opsy te sit. Jy sal ook sien dat elke deel van jou lewe – selfs die gewone oomblikke – ’n geleentheid is om God te verheerlik. Terwyl jy hierdie plan lees, word jy uitgenooi om jou lewe in sy hande te plaas en Hom elke dag met ’n opregte hart te volg.

Onvolmaakte Mense in die Bybel
7 Dae
Al het jy volgens menslike standaarde geringe of groot foute gemaak, wil God jou steeds gebruik. In hierdie sewe-dag leesplan sal ons van ses individue in die Bybel hoor wat deur God gebruik is, ongeag waar hulle vandaan gekom het, wat hulle vermoëns was, of hoe ontsaglik groot hulle foute was.

Wandel deur Johannes
28 Dae
Werk elke dag deur verskillende hoofstukke en verse om Jesus persoonlik te ontmoet. Johannes is 'n wonderlike boek vir elke kind van God, maak nie saak of jy gister tot wedergeboorte gekom het en of jy al vir 70 jaar die Here dien nie, daar is elke dag iets nuuts wat ons van Jesus kan ontdek. Geniet die avontuur saam met Johannes.