Gratis leesplanne en oordenkings oor JEREMIA 32:27

Vertroue
4 Dae
Vertroue is 'n fundamentele deel van ons Christelike geloof. Jou vertroue groei deur ontmoetings met God en deur na te dink oor sy Woord. Die volgende verse, as jy dit memoriseer, kan jou deur al jou dae help om op God te vertrou. Kom maak jou lewe beskikbaar om herskep te word deur die Skrifgedeeltes te memoriseer!

5 Minute Saam Met God
10 dae
Die lewe kan soms soos een groot uitdaging voel. Maar God is nie ver en onbetrokke nie. Ons moet egter elke dag sy teenwoordigheid opsoek, of dit nou in daardie afgeknypte vyf minute is of intensiewe Bybelstudie. Wanneer jy deur geloofsoë kyk, sal jy God reg langs jou sien! Hierdie leesplan is saamgestel uit 5 MINUTE SAAM MET GOD deur Benescke Janse van Rensburg.

Hoop wat kaalvoet loop
14 dae
Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom met passie. Dit is Milanie Vosloo se boodskap aan jou in hierdie 14-dag-plan oor hoop. Die oordenkings is geneem uit Milanie se dagboek HOOP WAT KAALVOET LOOP.

Beloftes van God
29 dae
Het jy al ooit die gesegde: 'beloftes word gemaak om gebreek te word,' gehoor? Terwyl mense beloftes mag maak en dan breek, doen God wat Hy belowe. In hierdie vier weke-studie oor die beloftes van God sal ons kyk na hoe God belowe om: met jou te wees, jou te lei, te help en jou te onderhou. Hy is die ware Beloftehouer. God se beloftes is onfeilbaar, onveranderlik en waar.
