Gratis leesplanne en oordenkings oor JEREMIA 23:5

Geregtigheid in Christus
5 Dae
Jimi le Roux herinner ons dat ons te verlore is om onsself te red, te sondig om “regverdig” genoem te word. God moet ons red. Hy doen dit dan aan die kruis deur Jesus Christus. Christus het gekom om aan die kruis soos ’n vervloekte te sterf. Dis óns vloek wat Hóm op die kruis getref het. Omdat Christus ons vloek gedra het, kan ons nou God se seën beleef. Hý is ons geregtigheid en ons redding is altyd, altyd genade!

Kersfeesliedjies: 'n Kersfees Oordenking
25 Dae
God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat Christus aarde toe gekom het. Herontdek in hierdie 25-dae leesplan hoe hulle op jou hedendaagse lewe van toepassing is.