Gratis leesplanne en oordenkings oor JAKOBUS 2:15

Gemeenskapsversoening En Die Kerk
4 dae
Daar is baie gesprekke oor gemeenskapsversoening. Mense sal verskillende sienings debatteer. Sommige kerke het paneelgesprekke en ander hou konferensies. Sommige politici belowe nuwe inisiatiewe. Is dit egter alles net praatjies? Is daar praktiese dinge wat ons kan doen wat hervorming kan bewerkstellig? In hierdie 5-dag leesplan gee dr. Tony Evans Bybelse en praktiese stappe wat die kerk kan neem om te help om ons gemeenskappe te herstel.

Om in Liefde te Groei
5 Dae
Wat werklik saak maak, is om God en ander lief te hê, maar hoe kan ons dit effektief doen? Die waarheid is dat ons nie ander uit eie krag ten volle kan liefhê nie. Ons kan vanuit God se opregte en kragtige liefde leef wanneer ons ons oë op Hom rig en onsself nederig voor Hom neerlê. Leer meer oor hoe om in liefde te groei met behulp van pastoor Amy Groeschel se 5-dag leesplan.

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Armes, Behoeftiges en Barmhartigheid
5 dae
Baie mense wil nie vir armes gee nie omdat hulle dink arm mense is lui, dom en onverantwoordelik. Soms is dit waar, maar in die meerderheid van gevalle is dit geensins waar nie. Baie arm mense is 'n 'n siklus van armoede vasgevang waaruit hulle nie kan kom nie.

Aktiewe Geloof
6 Dae
Hoe kan jy daagliks ywerig in jou geloof wees? Weens die lewe se beproewings, is dit belangrik dat jy liggaamlik en geestelik fiks sal wees. Die "Active Faith Sports"-span het hierdie leesplan ontwikkel om praktiese raad daar te stel, sodat jy ywerig en fiks in jou geloofslewe kan wees. Instruksionele video's is verskaf deur Terry Williams van "League Elite Training" se fasiliteit in Houston, Texas.

Verspotte Liefde met Francis Chan
7 Dae
Geneem uit die New York Times se Topverkoper boek "Crazy Love". Francis Chan delf diep in God se wonderbare, heerlike, onbeskryflike liefde vir ons, en hoe ons gepaste reaksie op so 'n liefde moet lyk. Hy hou egter nie daar op nie; hy daag ons uit om na te dink oor God se grootheid en die groot verskil tussen sy ewige heerlikheid en ons tydelike lewe hier op aarde.

20/20: Gesien. Gekies. Gestuur. Deur Christine Caine
7 dae
Kan jy jou indink dat jy so deur God gesien voel dat jy nie anders kan as om ander te sien nie? Kan jy jou voorstel dat jou gewone alledaagse lewe 'n beduidende ewige impak het? Hierdie 7-dag leesplan van Christine Caine sal jou help om te ontdek hoe God jou gesien het, jou gekies het en jou gestuur het om ander te sien en om hulle te help om gesien te word soos God hulle sien – met 20/20 visie.

Besittings
7 Dae
Goeters. So dikwels kom dit voor asof ons lewens gedefinieër word deur wat ons besit. Hoe kan ons 'n balans vind met ons besittings? In hierdie leesplan deur finds.life.church, sal jy uit ander se ondervindings leer hoe hulle God sien werk het.

Hoe om 'n Naaste te wees
10 Dae
Wat as ons nie ver hoef te reis om naby mense te kom wat ver van God af is nie? Wat as Christene die beste bure was? Sou jou straat verander het? Sou die hemel voller wees? Lank gelede het 'n godsdienstige leier vir Jesus gevra hoe om in die hemel te kom. Jesus het met 'n vraag geantwoord en toe die verhaal van die barmhartige Samaritaan vertel. Dit verras mens nie, maar 2000 jaar later verduidelik Jesus se verhaal steeds hoe om werklik 'n naaste te wees. Sluit aan by Pastoor Craig Groeschel en Life.Church in 'n praktiese, verhaal-gebaseerde gids oor hoe om jou naaste te ontmoet en lief te hê soos jouself. Maar moenie dit net lees nie — leef dit uit!

Maak Oop in Geval van Nood
14 Dae
Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan – is nou in 'n lewensstorm of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag leesplan sal jou herinner dat Jesus in beheer van elke storm is. Omdat visuele beeld die "taal van die 21ste eeu" is, bevat elke oordenking oorspronklike foto's om dit te verduidelik en die impak daarvan te verdiep.

Jakobus
18 Dae
As jy 'n gelowige in Jesus Christus is, dan moet jou optrede jou nuwe lewe weerspieël; stel jou geloof in aksie. Reis daagliks deur Jakobus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Jakobus
27 Dag
Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met Jesus
30 Dae
Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare outeurs, wie se insigte 'n inspraak in jou lewe sal hê. Elke kort oordenking bevat 'n verhaal met verskeie meegaande Skrifverwysings en 'n "Volgende" afdeling om jou te help om in diepte na te dink oor wat jy gelees het. Benut jou stiltetyd ten beste met hierdie waarhede en bemoedigings uit "Ons Daaglikse Reis".

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreld
30 Dae
Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye vennote. Hulle geografiese gebiede verskil dalk, maar hulle is almal verenig met die doel om die Woord van God te verkondig. Reis saam met ons deur die Skrif op 'n 30-dae toer!