Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 61:1

Gebroke Kryte Kleur Steeds In
5 Dae
Dikwels gebeur dit dat die dinge wat ons sien as ons grootste berou, mislukkings en foute, die dinge word wat God die meeste gebruik in ons lewens. God herskep ons gebrokenheid in iets mooier as wat ons ons ooit kon verbeel. Hy vat ons gemors en skep 'n meesterstuk. God is die kunstenaar en ons lewe is sy skilderdoek. Wat gaan jy Hom toelaat om te skep van die gebroke stukke in jou lewe? In hierdie 5-dag leesplan sal jy die Skrif lees en beter verstaan hoe gebroke kryte nog steeds inkleur.

Oorleef Droefheid: Oordenkings vir Ouers in Rou
5 Dae
Toe Kim se driejarige seun oorlede is, het sy heelwat hulpbronne oor rou gekry. Sy sê egter wat sy werklik nodig gehad het: "was iemand wat my kon raad gee om te lewe, nie net om te rou nie." In hierdie 5-dag leesplan deel Kim 'n rou kwesbaarheid, 'n diep put van wysheid en die wete van Iemand wat daar was, terwyl sy treurende ouers deur die lewe-na-die-dood-proses en die oorlewing van hartseer na verlies begelei.

The Chosen + BibleProject: Reeks 3-Leesplan
6 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se identiteit en die aard van God se koninkryk, soos voorgestel in die Evangelies. Hierdie ses-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se derde reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Hier leesplan lei jou om mense se uiteenlopende reaksies op Jesus te bestudeer: aanstoot, twyfel en vertroue.

Gemaak om te Skep: Ontdek en Gebruik Jou Kreatiewe Geskenke
7 dae
Voel jy dat jy iets spesiaals het om die wêreld te bied, maar onsekerheid of vrees hou jou terug? God roep jou om te skep. Hoe weet ek dit? Ons smag daarna om te skep omdat ons na die beeld van die Skepper gemaak is. Of dit nou 'n besigheid, gesin, bediening of boek is, ons Skepper God het ons 'n diep begeerte gegee om saam met Hom te skep.

Ons wag op 'n redder
7 Dae
Die Ou Testament is propvol profesieë oor Jesus en sy koms na die aarde. In hierdie reeks reis ons vir sewe dae oor hierdie tekste wat ons in Jesaja vind. Die wêreld is vandag nog op soek na 'n redder. Elkeen van ons was ook al in 'n posisie waar ons redding nodig gehad het. In hierdie reeks sien ons God se reddende karakter raak.

Onvoldoende antwoorde - Daar is nie antwoorde vir alle vrae nie
9 Dae
Deur die loop van die lewe ervaar almal van ons pyn, verwerping, onsekerheid, konflik en teleurstelling. Dit lei onvermydelik tot vrae oor die lewe en die doel van die lewe. Daar is ongelukkig nie voldoende antwoorde op alle vrae nie. God gee egter meer as voldoende antwoorde in die Skrif sodat ons sinvol en met vreugde kan lewe.

Om Dankbaarheid te Kies
10 Dae
Daar is so baie van ons wat gefrustreerd, angstig en met 'n gevoel van oorweldiging lewe. Ons hoef nie so te lewe nie. Nuwe gewoontes kan gevorm word. Nuwe hoop kan gevind word. Vreugde is net om die draai. Hoe kom ons daar? Die geestelike oefening van dankbaarheid is dikwels die verlore sleutel om die hoop, vreugde en prag rondom ons te ontsluit.

Reis na die krip
25 Dae
Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n baba in 'n krip in Betlehem te gaan soek. Oor al die jare heen, het die uitnodiging nie verander nie. Dr. Charles Stanley gaan jou help om nader aan die Here te kom en jou aanmoedig om tydens hierdie Kersgety, tyd te maak om rus in die Vader se liefde te vind.

Die 1857-1862 en Die 1899-1907 Herlewings in Suid Afrika
25 Dae
Min Christene in Suid Afrika weet van die twee grootste en kragtigste herlewings in die geskiedenis van Suid Afrika. Daar was oor die afgelope 370 jaar verskeie besondere herlewings in Suid Afrika. In hierdie leesplan hanteer ek twee van hulle. Mag dit vir jou tot groot seën wees.