Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 40:1

Op arendsvlerke
4 dae
Dikwels word ons onverhoeds deur moeilike omstandighede in ’n hoek gedryf. Maar as daar een ding is wat ’n man moet onthou, is dit dít: Wanneer jy kragteloos voel omdat moeilike omstandighede jou kragte getap het, gee die Here weer nuwe veerkrag aan jou lewe. Vind nuwe krag en sterkte in God se beskerming saam met Johan Smit met hierdie 4-dag-plan, saamgestel uit sy bundel OP ARENDSVLERKE.

Die Kersverhaal
5 Dae
Elke goeie verhaal het 'n kinkel in die komplot — 'n onverwagte oomblik wat alles verander. Een van die grootste kinkels in 'n komplot kom in die Bybel voor as die Kersverhaal. Oor die volgende vyf dae sal ons verken hoe hierdie een gebeurtenis die wêreld verander het en hoe dit jou lewe vandag kan verander.

Bid vir Israel
5 Dae
70 Jaar gelede het die staat van Israel sy onafhanklikheid verklaar. Die onwaarskynlike geboorte van hierdie klein, nuwe demokrasie verteenwoordig 'n wonderwerk van enorme afmetings en 'n buitengewone vervulling van Bybelse profesie. Die Bybel vertel ons dat ons moet bid vir die vrede van Jerusalem. Hier is 'n paar maniere hoe jy kan bid:

Die God Wat Herstel
29 dae
Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugde omdat ons ons hoop op Hom stel. Hierdie Bybelstudie neem ons deur die Adventstyd, ‘n tydperk van wag en groot verwagting op die koms van ons ewige Koning.

Die Beloofde Messias
29 Dae
Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie studie gaan ons dieper delf in die spesifieke messiaanse beloftes wat God aan sy volk gemaak het en hoe Jesus elkeen van hierdie beloftes vervul het.