Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 1:9

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense Uit
3 Dae
In Psalm 85 lees ons dat God sy mense seën en vrede oor hulle uitspreek. Tydens hierdie 3-dag-leesplan ontdek jy weereens hoe Jesus hierdie belofte van seën en vrede vervul in die koms van Jesus Christus.

Tony Evans Onderrig Oor Hebreërs
5 Dae
In hierdie vyf-dag leesplan sal dr. Tony Evans saam met jou deur die eerste gedeelte van Hebreërs reis (1:1—3:6) en Jesus: Die Weergalose Persoon bespreek. Hebreërs is geskryf om gelowiges aan te moedig om nooit moed op te gee nie. Dus, as jy al ooit moedeloosheid in jou geloofsreis beleef het, dan is dit die boek wat jy moet bestudeer om bemoediging en hoop te vind om die wedloop van geloof goed te voltooi.

Groter Verlossing deur Jesus — Jesus is Groter Reeks #1
7 Dae
Jesus — Is daar iemand groter? NEE! Hierdie is deel een van nege leesplanne wat ons deur die boek van Hebreërs lei. Hierdie eerste deel lê die grondslag van Jesus se grootheid en dui aan wat Hom onderskei. God se volk het voor 'n moeilike keuse te staan gekom — volg Jesus en verloor alles, of gaan terug. Is dit die moeite werd om Jesus te volg en soveel te verloor? Ons vind dat ons vandag dieselfde vraag vra — en daarop reageer.

’n Kersfees Saam met Jesus
7 Dae
Gewone mense soos ons word genooi om saam te kom feesvier omdat Jesus na ons toe gekom het. Sy koms het die wêreldgeskiedenis vir altyd verander! Jesus bring egter nie tydelike feesgroete nie. Stephan Joubert kom herinner jou dat Hy hierdie Fees vul met nuwe inhoud. So trek sy feesklere aan in hierdie feestyd en onthou: Hy is die rede vir Kersfees. Hy is die Een oor wie dit gaan.

Sewe Tekens van Wandel in die Heilige Gees
10 Dae
Alle Christene het 'n verhouding met die Heilige Gees, maar nie alle Christene het intimiteit met Hom nie. Daar is 'n verskil tussen 'n verhouding en intimiteit. 'n Verhouding met die Heilige Gees ontstaan gedurende verlossing. Intimiteit ontstaan egter eers wanneer ons ons lewens aan die Heilige Gees oorgee.

In Die Sakewêreld Met God
12 Dae
Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebruik om op bonatuurlike wyse fisieke en geestelike armoede aan te raak en so die oorvloed van sy koninkryk na die aarde te bring.
