Gratis leesplanne en oordenkings oor HAGGAI 1:8

Haggai
5 dae
Haggai se “kry dit gedoen”-houding dring ’n afgelei Israel aan om die tempel te laat herbou nadat hulle uit ballingskap teruggekeer het. Reis daagliks deur Haggai terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Hou Van Jesus
7 Dae
Die gemiddelde persoon bestee 7,4 uur per dag deur na skerms te staar. Ons is lief vir die ongelooflike voordele van tegnologie, maar baie van ons vermoed daar is negatiewe gevolge aan die gebruik daarvan. As jy voel jou digitale afhanklikheid word onhanteerbaar, sal hierdie 7-dag leesplan jou help om weer 'n Christus-gesentreerde lewe te leef. Gebaseer op die boek Liking Jesus: Following Jesus in a Selfie-Centered World, deur topverkoper, skrywer en pastoor van Life.Church, Craig Groeschel.

Om 'n Gesonde Kerk Te Plant
7 Dae
Wanneer God jou tot die bediening roep, kan dit oorweldigend wees, maar dit kan ook die beste ding wees wat ooit met jou kan gebeur. Begin hier in die Woord van God as jou hart geroer is om 'n kerk te stig. Verdiep jou in hierdie 7-dag leesplan, en vind die bemoediging wat jy nodig het om met God se roeping te begin.

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete
29 Dae
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.