Gratis leesplanne en oordenkings oor KOLOSSENSE 1:15

Jesus die Skepper, Timmerman, Tuinier en Koning
4 dae
Jesus openbaar Homself in die Skrif as die Skepper (sedert die begin van alle tye), as 'n timmerman (met sy geboorte in die huis van Josef), tuinier (by die opstanding) en koning (in die nuwe Jerusalem). Hierdie leesplan sal jou lei tot 'n dieper waardering vir elkeen van die verskynings en wat hulle beteken in die werk wat jy elke dag doen.

Jesus, Ons Groot Hoofpriester
4 Dae
Die meeste van ons is nie vertroud met die rol van ʼn hoofpriester nie, so wanneer Jesus so beskryf word in die Woord kyk ons dit maklik mis – dit is net nog een van sy vele titels. Godfrey Mmagawo sien dit egter heeltemal anders. In hierdie 4-dag leesplan verduidelik hy hoe ʼn skynbaar onbelangrike stukkie Joodse kultuur groot implikasies het vir hoe ons deesdae met kultuur omgaan.

Die Boek van Kolossense: Is Jesus Genoeg?
5 dae
Daar was nog nooit ʼn meer indrukwekkende persoon as Jesus van Nasaret nie. Is Hy egter genoeg? Genoeg vir jou redding, jou karakter, jou lewensdoel? Genoeg vir jou hele lewe? In hierdie vyf-dag leesplan gebruik Jo Ströhfeldt Paulus se woorde in die boek Kolossense om ons te herinner dat alles verander wanneer ons Jesus die middelpunt van alles maak.

Colossians Explained | Hoe om Jesus te Volg
7 Dae
Wanneer die Bybel verwarrend is, verduidelik "Through the Word" dit met duidelike, beknopte klankgidse (in Engels) vir elke hoofstuk. Hier in Kolossense, lei Kris Langham ons terwyl ons leer wie Jesus is en hoe om Hom vandag te volg. Ons sal ook goeie insig kry oor God se aanwysings vir huwelik en werk, en wat dit beteken om as sy beeld herskep te word. Plus die Bybel se teenmiddel teen vreemde Christenskap! Welkom by "Colossians Explained".

BibleProject | Ontdek die tema van die Eksodus-weg in die Skrif
8 dae
Hierdie leesplan volg die tema van die Eksodus-weg deur fundamentele verhale in die Ou Testament, sleutelvertellings oor Johannes die Doper, Jesus — en ander gedeeltes waar die hele skepping verlossing ervaar. Saam stel hierdie gedeeltes die eksodus nie as een gebeurtenis voor nie, maar as God se primêre manier van redding – ’n uitweg uit die duisternis, deur herskepping en 'n nuwe lewe in.

Om te Help Sonder om te Skaad: Die Bybel en die Armes
10 Dae
Die Bybel gee ons die opdrag om vir die armes en verdruktes te sorg. Kom verken die diepte van God se besorgdheid oor hulle, en hoe jy dalk sélf op hierdie roeping kan reageer. Elke dag sluit ’n ware verhaal of staaltjie, ’n Skrifgedeelte en oordenking, ’n uitdaging en ’n gebed in. Die oordenkings is geïnspireer deur, of aangepas uit Steve Corbett en Brian Fikkert se boek "When Helping Hurts: How to Alleviate Poverty Without Hurting the Poor ... and Yourself".

Hemelse Gesange: 'n 12-dag Leesplan deur Phil Wickham
12 Dae
Welkom by die Hemelse Gesange leesplanreeks. Elke daaglikse leesplan val saam met 'n ander liedjie uit my album, "Hymn of Heaven". Hierdie liedjies is geskryf om luisteraars tydens aanbidding te inspireer, en ek bid dat hierdie reeks dieselfde vir jou doen terwyl jy saamlees. Baie dankie aan my vriend en pastoor, Benji Horning, wat my gehelp het om hierdie gedagtes lewendig te maak. Ons bid dat jy geseënd sal wees!

Kolossense
15 Dae
“Bewaar Jesus eerste” is die fokus van die brief aan die Kolossense, wat hulp bied in hoe om in volle identiteit met Christus te wandel. Reis daagliks deur Kolossense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Beloftes van God
29 dae
Het jy al ooit die gesegde: 'beloftes word gemaak om gebreek te word,' gehoor? Terwyl mense beloftes mag maak en dan breek, doen God wat Hy belowe. In hierdie vier weke-studie oor die beloftes van God sal ons kyk na hoe God belowe om: met jou te wees, jou te lei, te help en jou te onderhou. Hy is die ware Beloftehouer. God se beloftes is onfeilbaar, onveranderlik en waar.

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis
29 Dae
Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.