Gratis leesplanne en oordenkings oor HANDELINGE 4:24

Die Leerstellings Van Genade
5 Dae
Hierdie 5-dag leesplan is 'n in-diepte studie oor die leerstellings van genade. T.U.L.I.P is 'n teologiese akroniem wat die opperheerskappy van God verhoog. Die verheerliking van God se genade, is die waarheid waaraan uitdrukking in die leerstellings van genade gegee word.

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
7 Dae
Jesus het voor sy hemelvaart belowe dat ‘n nuwe bedeling tot met sy wederkoms gaan aanbreek. God die Heilige Gees gaan kom om in ons te woon en elke dag by ons te wees. Sedertdien het die Heilige Gees gekom as ons Parakleet (Helper/Voorspraak). Hy wil ons help om sonde te oorwin en om nuwe eienskappe soos liefde, vrede, blydskap, geduld en selfbeheersing te ontwikkel. Hy sal ons met krag toerus om getuies van Jesus te wees.

Reis deur Handelinge in 10 dae
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.

Dapper Kinders
28 Dae
Die Bybel is vol voorbeelde van wonderlike mense wat hulle moed ten toon gestel het. Kan 'n kind egter buitengewone moed in hulle doodgewone lewens uitleef? Hierdie leesplan sluit 'n paar kindervriendelike videos van 'n paar Bybelhelde in, en neem ons deur hulle verhale van moed terwyl ons ook ander Bybelverse en Skrifgedeeltes verken wat ons uitdaag om met moed te lewe in ons daaglikse omgang met Christus.