Gratis leesplanne en oordenkings oor HANDELINGE 16:7

Om die Wil van God te Verstaan
3 Dae
Was jy al ooit in 'n spesifieke situasie waar jy onseker was wat God se wil daarin is? In hierdie 3-dag leesplan verken ons hoe ons kan uitvind wat sy wil oor die algemeen asook sy wil, spesifiek vir ons lewens is.

Jou Deurbraak Jaar: 5 Dae van Inspirasie om Jou Nuwe Jaar Mee Af Te Skop
5 Dae
Die nuwe jaar kan jou deurbraak jaar wees. Jou deurbraak is aan die ander kant van die versperring wat jy verlede jaar moes oorkom het. Hierdie kan die jaar wees wat jy uiteindelik die deurbraak maak wat jy in jou lewe nodig gehad het. Die leesplan sal die bemoediging en inspirasie met jou deel wat jy nodig het om jou beste jaar ooit te hê.

Wanneer die Heilige Gees werk
7 dae
Vanaf die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag tot Jesus se wederkoms leef ons in die bedeling van die Heilige Gees waar God elke oomblik in en deur ons wil lewe. Het jy ‘n lewende verhouding met die Heilige Gees, ervaar jy sy werking, leiding, gawes en vrug? Hierdie leesplan wil jou help om die wonderlike, kragtige beheer van die Heilige Gees meer in jou lewe te ervaar.

Reis deur Handelinge in 10 dae
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer
18 Dae
Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.