Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 SAMUEL 17:43

Ek Is Entoesiasties
4 dae
Voel jy soms net lusteloos? Jy is nie alleen nie — selfs koning Dawid het sy vreugde verloor. Begin lees uit deel vyf van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan en raak weer entoesiasties.

Na God se Eie Hart
5 Dae
Koning Dawid word in die Nuwe Testament beskryf as 'n man na God se hart, wat beteken dat hy sy eie hart met dié van God in pas gebring het. Terwyl ons Dawid se lewe bestudeer, is ons doelwit vir hierdie reeks om die dinge wat Dawid in 1 en 2 Samuel gedoen het, te ontleed om ons harte in ooreenstemming met God se hart te bring om dieselfde intense fokus en gees te verteenwoordig wat Dawid deur sy hele lewe ten toon gestel het.

Ongewone Raad
6 dae
Wat sou Dawid, Moses, Daniël, Petrus, Rut en Jesus vir Millenniërs en/of Generasie Z te sê hê? Vind uit in hierdie 6-dag leesplan waarin ons ongewone raad vanuit welbekende Bybelstories gee.

God is in Beheer
7 Dae
Wat is dit wat jou bangmaak? Is jou oë op Jesus of op jou omstandighede gerig? Skep moed en waag! Johan Smith kom herinner jou in hierdie 7-dag-leesplan dat God daar is om jou te help, te lei en te beskerm. Die Here is in beheer al lyk jou omstandighede buite beheer en Hy is by jou al is daar dae wanneer Hy ver voel.

Anderkant die Duisternis
7 Dae
Jy kan rou smart nie soos ’n been spalk of salf daaraan smeer nie. God se genesende sorg is egter tot jou beskikking. Kom saam met Clarissa Moll op ’n reis deur jou hartseer – en ontdek die liefdevolle teenwoordigheid van Christus wat jou nooit verlaat nie. Hoewel hierdie leesplan nie jou diepste smart kan genees nie, sal die inhoud jou versterk en jou gefokus hou terwyl jy deur jou verlies werk.

Dapper Kinders
28 Dae
Die Bybel is vol voorbeelde van wonderlike mense wat hulle moed ten toon gestel het. Kan 'n kind egter buitengewone moed in hulle doodgewone lewens uitleef? Hierdie leesplan sluit 'n paar kindervriendelike videos van 'n paar Bybelhelde in, en neem ons deur hulle verhale van moed terwyl ons ook ander Bybelverse en Skrifgedeeltes verken wat ons uitdaag om met moed te lewe in ons daaglikse omgang met Christus.