Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 PETRUS 4:2

Anders
5 Dae
Hierdie Life.Church leesplan is 'n studie van 1 Petrus wat pastoor Craig Groeschel se reeks, Different, vergesel. In hierdie wêreld sal jy worstel. Jy sal teenstand ondervind. Jy sal uitgedaag word. Daar is 'n rede daarvoor: hierdie wêreld is nie jou tuiste nie. Dus, beantwoord haat met liefde, vind vreugde te midde van beproewings, en maak staat op 'n krag buite jouself. Jy is bedoel om … anders te wees.

'n Plek Aan Die Tafel
7 Dae
'n Waskom. Nagmaalelemente. 'n Visvangnet. Dit is alles deel van 'n vertoonstuk van 'n baie spesiale byeenkoms. In hierdie leesplan gaan jy sien hoe elke unieke stuk toneelversiering 'n manier voorstel waarmee jy uitgenooi word om deel te wees van die hemelse koninkryk hier op aarde.

1 Petrus
15 Dae
As jy vir Jesus ly, dan moedig hierdie eerste brief van Petrus jou aan dat jy in Jesus se voetspore volg, wat eerste vir ons gely het. Reis daagliks deur 1 Petrus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo
28 dae
Toewyding aan die Here begin met die verstaan dat ons God heelhartig moet liefhê: met ons hele hart, siel, verstand en krag. Hoe lyk dit in my daaglikse lewe? Maak tyd en kry 'n stil plek - en kom saam met ons op hierdie toewydingsreis.

Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die Here
30 Dae
Ontdek die wysheid van Oswald Chambers, skrywer van "My Utmost for His Highest", in hierdie skatkis van insigte oor vreugde. Elke oordenking bevat aanhalings deur Chambers, asook vrae vir jou eie persoonlike besinning. Soos hy jou met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid inspireer en uitdaag, sal jy vind dat jy meer tyd wil afstaan om met God te kommunikeer.