Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KONINGS 19:8

Die Phil Dooley 5-Dag Groei Uitdaging vir Mans
5 dae
Daar is soveel meer aan manwees verbonde as wat die wêreld ons wil laat glo. In hierdie groei-uitdaging gaan ons kyk na die lewens van ses Bybelse helde en een anti-held. Ons beleef vandag presies dieselfde uitdagings as hierdie mans. Hul sukses (of gebrek daaraan) hou direk verband met hoe naby hulle aan God geleef het.

God is in Beheer
7 Dae
Wat is dit wat jou bangmaak? Is jou oë op Jesus of op jou omstandighede gerig? Skep moed en waag! Johan Smith kom herinner jou in hierdie 7-dag-leesplan dat God daar is om jou te help, te lei en te beskerm. Die Here is in beheer al lyk jou omstandighede buite beheer en Hy is by jou al is daar dae wanneer Hy ver voel.

Vas Soos Daniël (10-Dag)
10 Dae
Vir enigiemand wat streef na 'n hegter verhouding met God, maar nie daarvan hou om te vas nie, het ek hierdie opsie — 'n 10-dag leesplan gebaseer op die boek: Vas Soos Daniël! Die Daniël-vas het my LEWE VERANDER, en ek het gesien hoe almal wat werklik in hierdie vas betrokke was, iets besonders van God ontvang het! Maak gereed om jou aan God te verbind en kyk hoe Hy jou lewe verander!

Ruim Op En Bevry Jou Ruimte, Skedule en Siel
14 Dae
Te veel goed. Te veel aktiwiteite. Te veel uitputting. Te veel spanning. Hoe kan ons deur die bedrywigheid, die chaos en die spanning onderskei om die oorvloedige lewe wat God bied, te onthul? Begin 'n reis van 'n lewe van spanning, dinge en uitbranding na een van vrede, ruimte en vervulling. Jy sal wenke leer om jou besittings te verminder, jou skedule te vereenvoudig en die antieke kuns van die Sabbat te beoefen.

Vas soos Daniël
21 Dae
Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resultate. Die "Daniël vas" het MY LEWE VERANDER! As jy die vas toegewyd doen en hierdie leesplan volg, gaan dit jou lewe ook verander. Kom ons skep ruimte vir God op hierdie aangryplike reis wanneer ons vas soos Daniël dit gedoen het.

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met Jesus
30 Dae
Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare outeurs, wie se insigte 'n inspraak in jou lewe sal hê. Elke kort oordenking bevat 'n verhaal met verskeie meegaande Skrifverwysings en 'n "Volgende" afdeling om jou te help om in diepte na te dink oor wat jy gelees het. Benut jou stiltetyd ten beste met hierdie waarhede en bemoedigings uit "Ons Daaglikse Reis".