DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop预览

DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop

40天中的第13天

God roep mense om met moed op te tree

Ware moed is eintlik vertroue – vertroue dat God sy beloftes sal nakom, selfs wanneer die uitkoms onseker is. Dit is om, soos Ragab, te glo dat God groter as jou omstandighede en sterker as jou vrese is en om op daardie geloof te reageer. Sy het nie net geglo in die mag van die God van Israel nie, maar het haar geloof in dade omgesit deur die verspieders te beskerm en haar familie voor te berei vir wat sou kom.

Wanneer ons geloof met moed verbind, openbaar ons ‘n diep vertroue in God. Dit vra van ons om op te tree, selfs al verstaan ons nie die volledige prentjie nie. Daar is ‘n duidelike verskil tussen geloof en vertroue. Geloof is die oortuiging wie God is en wat Hy in staat is om te doen. Vertroue, aan die ander kant, is die lewende en aktiewe uitlewing van daardie geloof.

Dit word sigbaar in ons bereidwilligheid om op God se leiding en beloftes te steun, selfs wanneer die omstandighede onseker of uitdagend lyk. ‘n Goeie illustrasie hiervan is om te glo dat ‘n stoel sterk genoeg is om ‘n persoon se gewig te dra – dit verteenwoordig geloof. Om dan op die stoel te gaan sit, dit wys vertroue.

Soos Ragab ewe moedig haar lewe op die spel geplaas het omdat sy ‘n vaste geloof in God se trou gehad het, word ons uitgedaag om ons eie geloof te toets. Sal ons die moed hê om op te tree wanneer God ons roep? Vertroue beteken dat ons ons vrese en onsekerhede aan Hom gee en weet dat Hy getrou aan sy woord sal bly.

Dink aan ‘n plek in jou lewe waar jy onseker voel. Wat is die een ding wat jy nodig het om volkome aan God oor te gee? Neem ‘n praktiese stap om jou vertroue in God te wys. Dit kan wees om ‘n gebed te bid, ‘n spesifieke stap te neem (soos om iemand te vergewe), of ‘n simboliese daad (skryf ‘n belofte van God neer en hou dit naby jou).

Dink aan hierdie skrif terwyl jy reflekteer: “Moenie bang of mismoedig wees nie, want die Here is die Een wat voor jou uitgaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie en jou nie verlaat nie” (Deuteronomium 31:8, NLV).

Gebed

Hemelse Vader, dankie dat U ‘n rotsvaste God is wat nooit verander nie. Help my om, soos Ragab, my vertroue op U te plaas en my geloofstou stewig aan u beloftes vas te maak. Here, wanneer ek bang of onseker is, herinner my daaraan dat U nooit u kinders los nie. Ek kies om U te vertrou, want ek weet die tou van geloof waaraan ek vashou veilig in u hande is. In die Naam van Jesus. Amen.

读经计划介绍

DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop

Stap saam op 'n reis van 40 dae, waar die rooi draad van genade jou lei van Ragab se venster in Jerigo tot by die kruis op Golgota. Hierdie 40-dae plan onthul hoe God se genade geen grense het nie, en hoe geloof en gehoorsaamheid 'n hele nuwe bestemming kan skep.

More