Spreuke – eenjaarleesplan预览

Spreuke – eenjaarleesplan

365天中的第332天

Vers 19: Fluksheid word beloon. Luiheid bring armoede. Wie hard werk, en hom nie besig hou met nuttelose dinge nie, sal iets hê om te eet. Die lui of ongedissiplineerde mens sal egter tevrede moet wees met armoede (Spreuke 24:30-34).

Vers 20: Betroubaarheid bring voorspoed. Bedrog bring teenspoed. Dit is ‘n tydige waarskuwing teen enige vinnige geldmaak skema. Peterson vertaal: "Toegewyde en volgehoue werk is betalend; maar vinnige rykword-skemas lei tot 'n verneukery."

读经计划介绍

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More