Spreuke – eenjaarleesplan预览

Vers 23: ‘n Teregwysing word meer waardeer as vleitaal. ‘n Reguit mens beteken vir jou meer as iemand wat die waarheid met mooi woorde wegsteek (Spreuke 27:5).
Vers 24: Om te steel van jou ouers bly altyd verkeerd. Al probeer jy dit ook op watter manier regverdig. Jy is niks anders as 'n doodgewone dief nie.
读经计划介绍

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More