Genesis 6:1-4
Genesis 6:1-4 SPC
Dit het gebeur dat die mense oor die oppervlakte van die aarde begin vermeerder het en toe daar vir hulle dogters gebore is, sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was en hulle het vir hulle almal wat hulle verkies het, as vroue gevat. יהוה het gesê: “My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie omdat hy ook vlees is; laat sy tyd een honderd en twintig jaar wees.” Daardie dae, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het, was daar reuse op die aarde en ook daarna. Hulle was die kragtige vegters uit die ou tyd, die manne van eer en outoriteit.