1
HEBREËRS 10:25
Afrikaans 1983
AFR83
Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.
Linganisha
Chunguza HEBREËRS 10:25
2
HEBREËRS 10:24
Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.
Chunguza HEBREËRS 10:24
3
HEBREËRS 10:23
Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het.
Chunguza HEBREËRS 10:23
4
HEBREËRS 10:36
Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het.
Chunguza HEBREËRS 10:36
5
HEBREËRS 10:22
laat ons tot God nader met 'n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van 'n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water.
Chunguza HEBREËRS 10:22
6
HEBREËRS 10:35
Julle geloofsvertroue moet julle dus nie prysgee nie: dit hou groot beloning in.
Chunguza HEBREËRS 10:35
7
HEBREËRS 10:26-27
Wanneer ons opsetlik bly sondig nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, is daar geen offer meer wat ons sondes kan wegneem nie. Daar bly alleen 'n verskriklike verwagting oor van oordeel en 'n gloeiende vuur wat die teenstanders van God sal verteer.
Chunguza HEBREËRS 10:26-27
Nyumbani
Biblia
Mipango
Video