Ya'akov 2
2
1My broers, laat julle nie die groot en lofwaardige vertroue van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een vashou met inagneming van ’n persoon nie,
2want as daar in julle bymekaarkomplekke ’n man inkom met goue ringe of met ’n glansende kleed aan en daar kom ook ’n arm man in met vuil klere aan
3en julle opkyk na hom wat die glanskleed dra en vir hom sê: “Kom, sit u hier op die goeie plek” en vir die arme sê julle: “Gaan, staan jy daar of sit hier voor ons voetbank,” Lev 19:15; Deut 16:19; Spr 24:23
4let op, is julle dan nie in julleself verdeeld en het vertolkers van bose motiewe geword nie?
5Luister, my broers vir wie ek lief is: het God nie die armes van hierdie wêreld gekies as rykes in die vertroue sodat hulle erfgename van die Koninkryk, wat Hy beloof het aan die wat Hom lief het, kan wees nie?
6Julle het egter die arm man verneder. Is dit nie die rykes wat julle onderdruk en julle voor die regbanke sleep nie?
7Let op, is dit nie húlle wat die goeie Naam (Karakter en Outoriteit) belaster wat oor julle uitgeroep is nie?
8As julle die geskrewe wet van God hierin uitvoer soos dit geskryf is: jy moet jou naaste liefhê soos jouself, Lev 19:18; Yog 14:15 dan doen julle goed,
9maar as julle partydig is, doen julle sonde en word julle deur die geskrewe wet veroordeel as oortreders van die geskrewe wet. Deut 1:17
10Wie ook al die hele geskrewe wet gehoorsaam, maar in een ding struikel, word deur die hele wet skuldig bevind, Lev 4:2
11want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreuk pleeg nie, het ook gesê: jy mag nie moord pleeg nie. Eks 20:13; Deut 5:17 As jy nie egbreuk pleeg nie, maar moord pleeg, het jy ’n oortreder van die geskrewe wet geword.
12Julle moet aanhou om só te praat en só te doen soos mense wat deur die geskrewe wet van vryheid geoordeel sal word,
13want die oordeel is sonder verskoning teenoor die wat nie liefdevolle omgee gee nie; met liefdevolle omgee het jy heerskappy oor die oordeel.
14Wat is die voordeel, my broers, as iemand sê dat hy die ‘geloof’ het, maar hy het nie die dade nie? Kan sy ‘geloof’ hom red?
15As ’n broer of ’n suster kaal is en nie kos vir die dag het nie
16en enige van julle sou vir hulle sê: “Gaan heen in vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid, wees warm, wees versadig, maar julle gee hulle nie dit wat vir die liggaam nodig is nie; watter voordeel het dit?
17Net so is ook die ‘geloof’, as dit geen dade het nie, in sigself dood,
18want iemand sê vir jou: jy en ek het ‘geloof’; ek het werke. Efe 2:8-10 Wys my jou ‘geloof’ sonder dade en ek sal jou my vertroue deur my dade wys.
19Jy vertrou dat God één is. Deut 6:4 Jy doen goed. Die demone glo dit ook en hulle bewe,
20maar wil jy weet, o nietige mens, dat die ‘geloof’ sonder werke dood is?
21Is Avraham, ons vader, nie vanuit sy dade onskuldig verklaar toe hy Yitz’gak, sy seun, op die altaar gesit het nie? Gen 22:1-19
22Sien jy dat sy vertroue sy dade bevestig het en dat sy vertroue volmaak geword het deur dade?
23Die Skrif is vervul wat sê: “Avraham het God vertrou en dit is hom tot onpartydige opregtheid gereken Gen 15:6; Rom 4:3 en hy is ’n vriend van God genoem.” Yes 41:8; 2 Kro 20:7
24Sien julle dat die mens onskuldig verklaar word deur dade en nie alleen deur die ‘geloof’ nie?
25Is Ragav, die prostituut, Y’ho 2:8-21; 6:25 nie ook net so onskuldig verklaar deur haar dade toe sy die boodskappers ontvang en met ’n ander pad weggestuur het nie?
26Net soos die liggaam sonder gees dood is, net so is ook die ‘geloof’ sonder dade dood.
Markert nå:
Ya'akov 2: PWL
Marker
Kopier
Sammenlign
Del
Vil du ha høydepunktene lagret på alle enhetene dine? Registrer deg eller logg på
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.