1
MATTEUS 7:7
Afrikaans 1983
AFR83
“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word
Харьцуулах
MATTEUS 7:7 г судлах
2
MATTEUS 7:8
want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.
MATTEUS 7:8 г судлах
3
MATTEUS 7:24
“Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met 'n verstandige man wat sy huis op rots gebou het.
MATTEUS 7:24 г судлах
4
MATTEUS 7:12
“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”
MATTEUS 7:12 г судлах
5
MATTEUS 7:14
Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.”
MATTEUS 7:14 г судлах
6
MATTEUS 7:13
“Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie.
MATTEUS 7:13 г судлах
7
MATTEUS 7:11
As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?
MATTEUS 7:11 г судлах
8
MATTEUS 7:1-2
“Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.
MATTEUS 7:1-2 г судлах
9
MATTEUS 7:26
En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met 'n dwaas wat sy huis op sand gebou het.
MATTEUS 7:26 г судлах
10
MATTEUS 7:3-4
“Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog?
MATTEUS 7:3-4 г судлах
11
MATTEUS 7:15-16
“Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry 'n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels?
MATTEUS 7:15-16 г судлах
12
MATTEUS 7:17
Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar 'n slegte boom dra slegte vrugte.
MATTEUS 7:17 г судлах
13
MATTEUS 7:18
'n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom nie goeie vrugte nie.
MATTEUS 7:18 г судлах
14
MATTEUS 7:19
Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
MATTEUS 7:19 г судлах