Лого на YouVersion
Икона за пребарување

’n Lewenspad vol vreugdeПримерок

’n Lewenspad vol vreugde

1 ДЕН ОД 7

Lewensplan

Om deur die lewe te reis is ingewikkeld. Of dalk nie? Wat as ons eenvoudig, uit gewoonte, tot God sou bid om aan ons sy begeertes te gee, elke dag, en om Hom dan te vertrou om die volgende tree aan ons te wys?

Die psalmdigter sê God vind vreugde in die klein besonderhede van ons lewe. Hy rig elke tree wat ons gee. Vra Hom om jou hartsbegeertes met sy begeertes vir jou te vervang – en gaan leef dan in oplettendheid. Waaroor is jy passievol, en waarmee is jy goed? Watter idees verdwyn nie? Hoe strek jy jou uit om te ontvang wat Christus vir jou in bewaring hou omdat jy reeds Syne is (Fil. 3:12)?

Wat is die volgende tree wat ek moet gee, Here? Amen.