Esra/Nehemia/Ester: Oorkom Vrees en Ontmoediging Primjer

Die bevel om Jerusalem te herbou, is in die jaar 445 v.C. deur koning Artasasta uitgevaardig en Nehemia is gestuur om die werk te doen. Uit die studie van Esra leer ons dat die bevel om die tempel te herbou deur Kores uitgevaardig is. Die bevel wat in Daniël beskryf word, was om die stad, en nie net die tempel nie, te herbou. Gabriël het 93 jaar vantevore aan Daniël bekend gemaak dat die bevel uitgevaardig en Jerusalem herbou sou word. God skryf die geskiedenis vooruit!
Lees vandag Nehemia 1:1 — 2:8
Let op na elke verwysing na tyd, soos in 1:1 “... in die maand…”. Hierdie verwysings na tyd help ons om die verloop van die geskiedenis te bepaal en stel ons in staat om die verhaal binne die historiese konteks daarvan te interpreteer. Neem tyd om die gebeurtenisse in hoofstuk 1:1-2:8 neer te skryf.
Toepassing:
Dink na oor wat dit beteken dat God nie net weet wat in die toekoms gaan gebeur nie, maar dat Hy aktief besig is om dit 'n realiteit te maak.
Hoe maak dit 'n verskil aan hoe jy moet leef?
Sveto pismo
O planu čitanja

Hierdie in-diepte studie van die Ou Testamentiese boeke van Esra, Nehemia en Ester, vertel die lewensverhale van gewone manne en vroue wat oorweldigende omstandighede, gelaai met vrees en ontmoedigings, getrotseer het. Tog het hulle oorwin. Jy kan ook! Kom ons kyk na Nehemia en hoe hy ontmoediging oorkom het.
More
Povezani planovi

Himna: Milost u Vašoj Priči

Isusova ozdravljenja: Otkrivanje Njegove snage i suosjećanja

Isusova učenja: Mudri izbori i trajni blagoslovi

Korizma/Uskrs: Isus trpi, umire i pobjeđuje

Susret koji mijenja: 40-dnevni izazov (Evanđelje po Luki)

Božićna priča: 5 dana o Isusovu rođenju

Isusova čuda: Otkrivanje Njegova božanskog identiteta

Isusove prispodobe: Praktična objašnjenja Kraljevstva

Korizma/Uskrs: Isus se hrabro suočava sa smrću
