Esra/Nehemia/Ester: Oorkom Vrees en Ontmoediging Primjer

Die ooreenkomste tussen Nehemia se gebed en dié van Daniël, is verstommend, nie waar nie? Alhoewel daar jare verloop het tussen die neerskryf van die twee gebede, weerspieël hulle dieselfde ingesteldheid van die hart.
- Weerspieël dit ook die ingesteldheid van jou hart wanneer jy vir jou land bid?
Lees vandag Daniël 9:20-24.
In die eerste jaar van Darius, seun van Ahasveros (538 of 539 v.C.), het die engel Gabriël aan Daniël verskyn om hom aangaande die eerste koms van die beloofde Messias te onderrig. Gabriël se verwysing na tyd in vers 24, word gewoonlik as “weke” vertaal. Die Hebreeuse woord beteken letterlik “sewetalle”, soos dit ook in die 1933/1953 Afrikaanse Vertaling voorkom. Dit kan gebruik word om sewe dae, weke, maande of jare aan te dui. Uit vers 24 leer ons dat 70 sewetalle bepaal is. Dit beteken dus 490. Aangesien die gebeure wat voorspel is nie binne 490 dae, weke of maande plaasgevind het nie, is dit logies om te aanvaar dat die 70 “sewetalle” na jare verwys.
- Wanneer begin die aftelling?
Nadat jy Daniël 9:20-24 gelees het, moet jy dit met Nehemia 2 vergelyk om die antwoord te vind.
Toepassing:
Dink na oor hoe God die groter prentjie kan sien en in beheer is van selfs moeilike tye.
Praat met God daaroor en vra dat Hy vir jou sy perspektief sal gee.
Sveto pismo
O planu čitanja

Hierdie in-diepte studie van die Ou Testamentiese boeke van Esra, Nehemia en Ester, vertel die lewensverhale van gewone manne en vroue wat oorweldigende omstandighede, gelaai met vrees en ontmoedigings, getrotseer het. Tog het hulle oorwin. Jy kan ook! Kom ons kyk na Nehemia en hoe hy ontmoediging oorkom het.
More
Povezani planovi

Himna: Milost u Vašoj Priči

Isusova ozdravljenja: Otkrivanje Njegove snage i suosjećanja

Isusova učenja: Mudri izbori i trajni blagoslovi

Korizma/Uskrs: Isus trpi, umire i pobjeđuje

Susret koji mijenja: 40-dnevni izazov (Evanđelje po Luki)

Božićna priča: 5 dana o Isusovu rođenju

Isusova čuda: Otkrivanje Njegova božanskog identiteta

Isusove prispodobe: Praktična objašnjenja Kraljevstva

Korizma/Uskrs: Isus se hrabro suočava sa smrću
