Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagExemple

Lees: Handelinge 22:30–23:35
SOAP: Handelinge 23:10–11
Die Here het oor Paulus gewaak. God het hom steeds in sy gevangenskap beskerm. Toe die mense gedreig het om hom leed aan te doen, het God die kommandant toegelaat om Paulus te beskerm en hom uit die gevaar te verwyder. Selfs al het Paulus hom in ‘n aaklige situasie bevind, het God sy hand oor elke beweging van Paulus gehou.
God het vertroosting gebied aan Paulus in sy donkerste tye. Alhoewel Hy nie dikwels vir ons presies sê wat op ons wag nie, het God vir Paulus bemoedig deur vir hom te sê dat hy in Rome sou voortgaan om te getuig en die naam van Jesus te verkondig.
God vertroos ons op maniere wat ons nie verwag nie. Hy ken ons harte, ons vrese, ons omstandighede en hoe ons op gevaar reageer. Hy bied aan elkeen van ons vertroosting deur die Heilige Gees, wanneer ons dit die nodigste het. Sy Woord is altyd ‘n groot vertroosting; dit herinner ons aan die waarheid en gee vrede wanneer ons benoud raak. Net soos wat Hy Paulus in sy benoudheid bemoedig het, bied die Here ook vandag vir jou vertroosting en vrede.
Here God, ek loof U vir u goedertierenheid. U verlang om vir my vertroosting en vrede te gee. Help my om U te glo en die vertroosting te aanvaar wat U bied. Lei my wanneer ek u Woord raadpleeg vir vrede en hulp. Laat my toe om vandag in u genade te rus. In die naam van Jesus. Amen.
Écritures
À propos de ce plan

In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.
More
Plans suggérés

7 signes que vous faites face à une attaque démoniaque

Sois libre dans tes pensées !

Trois erreurs de débutants pour écouter Dieu

L'accueil de l'étranger

Gérer son stress (partie 1)

Femmes, Amis Du Marié

Les clés pour débloquer vos dons spirituels

CORPS - ÂME - ESPRIT enfin expliqué !
