YouVersion Logo
Search Icon

Plan info

7 Dae van DeurbraakSample

7 Dae van Deurbraak

DAY 5 OF 7

DAG 5: Gen 1:20-23 Wanneer ek hierdie gedeelte lees sien ek lewe. Ek sien die skole visse en swerms voëls in hierdie prentjie van beweging. Amper soos die voorspel van Finding Nemo en Bambi . Lewe, orals en hierdie gevoel van vrede en opgewondenheid. Kan julle die prentjie sien? Wat wil God vir ons wys in hierdie dag? Hoe help dit ons om deurbrake te ervaar? Ons deurbrake word baie keer beïnvloed deur ons gemoed. Wanneer ons alles deur ons eie vermoëns wil doen en wanneer ons in beheer wil wees, kom God in hierdie gedeelte en bevestig dit net weer. EK is die een wat lewe en oorvloed gee. Wanneer ons besef dat God ons bron is, is dit makliker om die deurbraak te ervaar. God is ‘n lewegewende God. Die visse en die voëls was die eerste lewende wesens wat die vermoë gehad het om ander lewende wesens voort te bring. En daarom is hulle geseën. Ons het ook die vermoë om ander mense te help om die lewe wat God gee te kan ervaar, deur dissipels van hulle te maak. Kom ons kyk mooi na hierdie gedeelte. Ons deurbrake is gekoppel aan lewe. Moenie toelaat dat die duiwel jou lewe steel deur besig te wees met die dinge wat nie lewe kan gee nie. Ons het die vermoë om die lewe ten volle te geniet. ### DAG 5 = KIES DIE LEWE EN VERSPREI DIE LEWE WAT GOD JOU GEE
Day 4Day 6

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy