YouVersion Logo
Search Icon

Plan info

7 Dae van DeurbraakSample

7 Dae van Deurbraak

DAY 1 OF 7

DAG 1: Een van die groot onderwerpe in ons lewe vandag is die een van deurbraak. Ons almal wil deurbrake ervaar en ons wil sien hoe die ou dinge verander. Dit gaan egter net gebeur wanneer ons bereid is om ‘n stap van gehoorsaamheid en geloof te neem. Dan sal ons die deurbraak ervaar. Ons gaan hierdie sewe dae kyk na die verskillende dae wat God gebruik het om alles te skep en hoe ons daaruit kan leer om ‘n deurbraak in ons eie lewe te ervaar. Deurbrake kan kom wanneer ons ons afvra: "Waar is my fokus op die oomblik?" Ons moet leer om in geloof en gehoorsaamheid te leef. Ek glo dat hierdie volgende sewe dae jou sal help om in baie opsigte deurbraak te ervaar. ### Gen 1:1-5 Ons sien wat gebeur het toe God op die eerste dag gepraat het. Om 'n deurbraak te ervaar, is dit nodig om die woord van God te spreek. Wanneer ons die woord van God bely en ons geloof in God se woord plaas, dan sal lig en donkerte van mekaar geskei word. Daar is baie geleenthede wat ons nie aangryp nie as gevolg van die donkerte om ons, want dis onbekend. Die onbekende veroorsaak dat ons onnodige goed vrees en weens dié vrees bly ons in die donkerte. Maar die Woord van God bring lig in ons lewe, sodat ons kan onderskei wat van God is en wat nie. Die vreemde word aangespreek deur die lig. As jy jouself vandag in ‘n onbekende, donker plek bevind, is die beste wat jy kan doen om die waarheid van God se woord daaroor te spreek. Spreek sy woord oor jou vrees, sodat die woord lig kan bring en jou losmaak van die vrees. Jou deurbraak wag aan die anderkant van God se woord. ### DAG 1 = GOD SE WOORD BRING LIG.
Day 2

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy