YouVersion Logo
Search Icon

Johannes 21

21
Jesus verskyn aan sewe dissipels
1Nadat Jesus met Tomas gepraat het, het Jesus weer aan die dissipels verskyn. Dit was by die See van Tiberias en dit het so gebeur: 2Daar was 'n paar dissipels bymekaar. Hulle was Simon Petrus, Tomas, sy ander naam was “Tweeling,” Natanael van die stad Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus, en nog twee van Jesus se dissipels.
3Simon Petrus het vir die ander dissipels gesê: “Ek gaan visvang.”
Hulle sê toe vir hom: “Ons gaan saam met jou.”
Hulle het gegaan en hulle het in die boot geklim, maar hulle het daardie nag niks vis gevang nie.
4Toe dit oggend word, het Jesus langs die see gestaan, maar die dissipels het nie geweet dit is Jesus nie. 5Jesus vra toe vir hulle: “My vriende, het julle iets gevang om te eet?”
Hulle sê vir Hom: “Nee, ons het nie.”
6Jesus het vir hulle gesê: “Julle moet die visnet regs van die boot uitgooi, dan sal julle iets vang.”
Hulle het die visnet uitgegooi in die water. Daar was toe so baie visse in die net dat hulle dit nie kon intrek nie. 7Die dissipel vir wie Jesus lief was, sê toe vir Petrus: “Dit is die Here!”
Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy bo-kleed aangetrek, want hy het nie al sy klere aangehad nie. Hy het in die see gespring en na Jesus toe gegaan. 8Die ander dissipels het met die boot gekom en hulle het die visnet gesleep wat vol visse was. Dit was nie ver na die land nie, omtrent 200 el. 9Die dissipels het uit die boot geklim. Hulle sien toe 'n vuur op die strand, en daar was vis op die kole. Daar was ook brood. 10Jesus het vir hulle gesê: “Bring van die vis wat julle nou gevang het.”
11Simon Petrus het in die boot geklim en hy het die visnet op die land getrek. Die visnet was vol groot visse, daar was 153 visse. Daar was baie visse in die net, maar die visnet het nie geskeur nie. 12Jesus het vir hulle gesê: “Kom eet julle oggend-ete!”
Die dissipels wou nie reguit vir Hom vra wie Hy is nie, hulle het geweet dit is die Here. 13Jesus kom toe en Hy neem van die brood en gee dit vir hulle. Hy het ook vir hulle van die vis gegee. 14Dit was die derde maal dat Jesus aan die dissipels verskyn het nadat God Hom weer laat lewe het.
Jesus en Petrus
15Toe die dissipels klaar oggend-ete geëet het, sê Jesus vir Simon Petrus: “Simon, seun van Johannes, is jy lief vir My, meer as die ander dissipels?”
Petrus het gesê: “Ja, Here, U weet ek is lief vir U!”
Jesus sê toe vir hom: “Dan moet jy my skape laat wei, jy moet sorg vir my mense.”
16Jesus het die tweede maal vir Petrus gevra: “Simon, seun van Johannes, is jy lief vir My?”
Petrus sê vir Hom: “Ja, Here, U weet ek is lief vir U!”
Jesus sê toe vir hom: “Dan moet jy 'n herder wees vir my mense.”
17Jesus het die derde maal vir Petrus gevra: “Simon, seun van Johannes, is jy lief vir My?”
Petrus het baie hartseer geword omdat Jesus die derde maal vir hom gevra het of hy lief is vir Hom. Hy sê toe vir Jesus: “Here, U weet alles! U weet Ek is lief vir U!”
Jesus sê toe vir hom: “Dan moet jy sorg vir my mense. 18Petrus, Ek sê vir jou, en dit is seker: Toe jy jonk was, het jy self jou klere vasgemaak en jy het gegaan waar jy wil. Maar jy sal oud word en jy sal jou hande uitsteek en iemand anders sal jou klere vasmaak en hy sal jou wegneem na 'n plek waar jy nie wil wees nie.”
19Toe Jesus dit gesê het, het Hy verduidelik hoe Petrus later sal sterf en vir God sal eer. Toe het Jesus vir Petrus gesê: “Kom saam met My!”
Jesus en die dissipel vir wie Jesus lief was
20Petrus het omgedraai. Hy sien toe die dissipel vir wie Jesus lief was, kom ook saam. Dit was dieselfde dissipel wat langs Jesus gesit het toe hulle geëet het en wat vir Jesus gevra het: “Here, sê vir ons wie is dit wat vir U sal verraai.”
21Toe Petrus die dissipel sien vir wie Jesus lief was, vra hy vir Jesus: “Here, wat sal gebeur met daardie dissipel?”
22Jesus het vir hom gesê: “As Ek wil hê hy moet lewe totdat Ek kom, dan is dit nie jou probleem nie. Ek het gesê jý moet saam met My kom.”
23Die dissipels het toe gedink die dissipel vir wie Jesus lief was, sal nooit doodgaan nie. Maar hulle was verkeerd. Jesus het nie gesê daardie dissipel sal nie doodgaan nie. Jesus het vir Petrus gesê: “As Ek wil hê hy moet lewe totdat Ek kom, dan is dit nie jou probleem nie.”
24Die dissipel vir wie Jesus lief was, is die dissipel wat alles vertel het wat in hierdie boek geskryf is, hy het dit alles geskryf. Ons weet dit is waar wat hy vertel het. 25Jesus het ook baie ander dinge gedoen, maar 'n mens lees nie daarvan in hierdie boek nie. As 'n mens oor dit alles ook wil skryf, dan dink ek daar sal nie genoeg plek in die wêreld wees vir al die boeke nie.

Currently Selected:

Johannes 21: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy