YouVersion Logo
Search Icon

ESEGIËL 4

4
’n Teken van die beleg wat kom
1“En nou, mensekind, vat ’n groot baksteen en sit dit voor jou neer. Teken dan ’n kaart van Jerusalem daarop. 2Bou beleëringswalle teen die stadsmure. Omring dit met kampe vir die vyand se soldate en rig stormramme teen die mure op. 3Neem dan ’n ysterplaat en sit dit tussen jou en die stad. Kyk na die stad en demonstreer hoe die vyand Jerusalem sal aanval. Laat dit Israel waarsku.
4“Gaan lê dan op jou linkersy en sit die sondeskuld van Israel op jou. Jy moet hulle straf dra vir die aantal dae wat jy daar op jou sy lê. 5Jy moet Israel se straf dra vir 390 dae – een dag vir elke jaar wat hulle gesondig het. 6Daarna moet jy omdraai en op jou regtersy lê vir 40 dae – ’n dag vir elke jaar wat Juda gesondig het.#4:6 Grondteks Ek het jou 40 dae toegeken, ’n dag vir elke jaar.
7“Intussen moet jy aanhou om te wys hoe jy Jerusalem beleër. Lê daar met jou arm ontbloot en profeteer oor haar ondergang. 8Ek sal jou met toue vasmaak sodat jy nie op jou ander sy kan draai nie, tot die tyd verby is dat jy die beleëring gedoen het.
9“Gaan dan nou en kry koring, gars, boontjies, lensies, sorghum en spelt. Meng dit saam in ’n skottel. Gebruik hierdie kos om vir jou brood te maak gedurende die 390 dae dat jy op jou sy moet lê. 10Meet vir jouself 230 gram#4:10 Grondteks twintig sikkels. kos uit vir elke dag, en eet dit op vasgestelde tye. 11Meet ook 600 milliliter#4:11 Grondteks een sesde van ’n hin. water af vir elke dag, en drink dit op vasgestelde tye. 12Bak die kos elke dag soos ’n ronde garsbrood. Terwyl al die mense kyk, moet jy dit gaarmaak oor ’n vuur van menslike ontlasting. 13Want dit is wat die Here sê: Israel sal onrein kos eet tussen die volke waarheen Ek hulle verban!”
14Toe sê ek: “O oppermagtige Here, ek is nooit voorheen verontreinig nie. Van kindsdae af tot nou toe het ek nooit enige dier geëet wat dood gevind is of wat deur wilde diere verskeur is nie. Ek het nooit enige onrein vleis geëet nie.”
15“Goed,” sê Hy. “Jy mag jou brood op koeimis gaarmaak eerder as op menslike ontlasting.” 16Verder sê Hy vir my: “Mensekind, Ek sal sorg dat kos baie skaars word in Jerusalem. Dit sal sorgvuldig uitgeweeg word en met angs geëet word. Water sal druppel vir druppel uitgemeet word en met huiwering gedrink word. 17Kos en water sal so skaars wees dat die mense mekaar wantrouig sal aankyk, en hulle sal wegkwyn onder hulle straf.”

Currently Selected:

ESEGIËL 4: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy