YouVersion Logo
Search Icon

ESEGIËL 2

2
Esegiël se roeping en opdrag
1“Staan op, mensekind,” het die stem gesê. “Ek wil met jou praat.”
2Die Gees het oor my gekom terwyl Hy gepraat het en my op my voete geplaas. Ek het sorgvuldig na sy woorde geluister. 3“Mensekind,” het Hy gesê, “Ek stuur jou na die volk Israel toe, ’n nasie wat teen My rebelleer. Hulle voorouers het al van die begin af teen My gerebelleer, en hulle is steeds tot vandag toe in opstand teen My. 4Hulle is ’n hardkoppige geslag wie se harte verhard is. Maar Ek stuur jou om vir hulle te gaan sê: ‘Dit is wat die oppermagtige Here sê!’ 5En of hulle luister of nie, hulle moet ten minste weet dat daar ’n profeet tussen hulle is. Onthou, hulle is ’n opstandige spul.
6“Mensekind, moenie vir hulle bang wees nie. Moenie vrees nie, selfs al steek hulle dreigemente soos skerp dorings en doringstruike, en al leef jy tussen skerpioene. Moenie skrik vir wat hulle sê nie en moenie vrees vir hoe hulle lyk nie. Onthou, hulle is ’n klomp opstandige mense. 7Gee my boodskap vir hulle, of hulle luister of nie. Maar hulle sal nie luister nie. Die hele spul is immers hardkoppig.
8“Mensekind, luister na wat Ek vir jou sê. Moenie so opstandig wees soos hulle nie. Maak jou mond oop en eet wat Ek vir jou gee.”
9Toe sien ek ’n hand wat na my toe uitgesteek word. Dit het ’n boek vasgehou. 10Die hand het die boek oopgerol en daar was hartseer begrafnisliedere en klaagliedere aan albei kante daarvan geskryf.

Currently Selected:

ESEGIËL 2: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy