Numeri 8
8
1יהוה het met Mosheh gepraat en gesê:
2“Praat met Aharon en sê vir hom: ‘As jy die lampe opsteek, moet die sewe lampe aan die voorkant van die lampstaander lig gee.’”
3Aharon het so gedoen: hy het die lampe opgestel om na die voorkant van die lampstaander te wys, soos יהוה Mosheh beveel het.
4Die vakmanskap van die lampstaander was geslaande goud; van sy voetstuk tot sy blomme was geslaan; volgens die bloudrukplan wat יהוה vir Mosheh gewys het, so het hy die lampstaander gemaak.
5יהוה het met Mosheh gepraat en gesê:
6“Vat die Leviete onder die seuns van Yisra’el uit en reinig hulle.
7So moet jy met hulle doen om hulle te reinig: sprinkel reinigingswater op hulle en hulle moet ’n skeermes oor hulle hele liggaam laat gaan en hulle klere was en hulle sal daardeur rein wees.
8Laat hulle ’n jong bul vat saam met die graanoffer van fyn meel met olie gemeng wat daarby hoort; jy moet ook ’n ander jong bul as sondoffer vat.
9Jy moet die Leviete voor die Tent van Ontmoeting aanbied en die hele vergadering van die seuns van Yisra’el bymekaarmaak.
10Jy moet die Leviete voor die Teenwoordigheid van יהוה laat kom en die seuns van Yisra’el moet hulle hande op die Leviete lê
11en Aharon moet die Leviete as waaioffer voor יהוה aanbied, namens die seuns van Yisra’el, om te kwalifiseer vir die diens van יהוה.
12Die Leviete moet hulle hande op die koppe van die bulle lê en jy moet die een as sondoffer offer en die ander as brandoffer tot יהוה, om vir die Leviete toedekking te doen.
13Jy moet die Leviete voor Aharon en sy seuns laat staan en hulle as waaioffer tot יהוה offer.
14So moet jy die Leviete van onder die seuns van Yisra’el uit afsonder en die Leviete sal Myne wees.
15Daarna mag die Leviete ingaan om in die Tent van Ontmoeting te dien, maar jy moet hulle reinig en hulle aanbied as waaioffer,
16want hulle is volledig aan My gegee vanuit die seuns van Yisra’el; Ek het hulle vir Myself gevat in die plek van alles wat die baarmoeder open; al die eersgeborenes uit die seuns van Yisra’el,
17want al die eersgeborenes onder die seuns van Yisra’el is Myne, van mense en van diere; op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Mitzrayim neergeslaan het, het Ek hulle vir My afgesonder.
18Ek het die Leviete in die plek van al die eersgeborenes van die seuns van Yisra’el gevat
19en die Leviete as ’n geskenk vir Aharon en sy seuns, vanuit die seuns van Yisra’el, gegee om in diens van die seuns van Yisra’el in die Tent van Ontmoeting te dien en om toedekking te doen vir die seuns van Yisra’el sodat daar geen plaag mag wees onder die seuns van Yisra’el as die seuns van Yisra’el naby die Afgesonderde plek kom nie.”
20So het Mosheh, Aharon en die hele vergadering van die seuns van Yisra’el met die Leviete gedoen volgens wat יהוה Mosheh aangaande die Leviete beveel het; so het die seuns van Yisra’el met hulle gedoen.
21Die Leviete het hulleself ook gereinig van sonde, hulle klere gewas en Aharon het hulle aangebied as ’n waaioffer voor יהוה en Aharon het toedekking vir hulle gedoen om hulle te reinig.
22Daarna het die Leviete ingekom in die Tent van Ontmoeting om hulle dienswerk voor Aharon en sy seuns te doen; soos יהוה Mosheh aangaande die Leviete beveel het, so het hulle met hulle gedoen.
23יהוה het met Mosheh gepraat en gesê:
24“Hierdie is wat op die Leviete van toepassing is: van vyf en twintig jaar oud en ouer moet hulle kom om in te gaan en die dienswerk van die Tent van Ontmoeting te doen,
25maar van vyftig jaar oud af moet hulle uittree uit die dienslewering en nie meer werk nie.
26Hulle kan saam met hulle broers in die Tent van Ontmoeting toesig hou, maar hulle sal geen werk self doen nie. So moet jy met die Leviete doen aangaande hulle verantwoordelikheid.”
S'ha seleccionat:
Numeri 8: SPC
Subratllat
Copia
Compara
Comparteix
Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.