Numeri 28
28
1יהוה het met Mosheh gepraat en gesê:
2“Beveel die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Julle moet versigtig wees om My offers, My kos vir My offers, wat deur vuur gebring word, as ’n aangename geur vir My, op die vasgestelde tye vir My te bring’.
3Jy moet vir hulle sê: ‘Dit is die offer deur vuur wat julle aan יהוה moet bring: twee lammers in hulle eerste jaar, sonder gebrek, dag na dag, as ’n voortdurende brandoffer.
4Die een lam moet jy met dagbreek offer en die ander lam moet jy teen sononder offer;
5met ’n tiende van ’n efa fyn meel as graanoffer, gemeng met ’n kwart hin uitgestampte olie.
6Dit is die voortdurende brandoffer wat by die berg Sinai ingestel is as ’n aangename geur, ’n offer, deur vuur, aan יהוה gebring.
7Die drankoffer daarby, moet ’n kwart hin wees vir elke lam. In ’n afgesonderde plek moet jy die sterk drank as offer tot יהוה uitgooi. Deut 14:24-26
8Die ander lam moet jy teen die aand offer; met dieselfde graanoffer as in die oggend en met die drankoffer daarby, moet jy dit offer; ’n offer, deur vuur, as ’n aangename geur tot יהוה.
9Op die Shabbatdag moet jy twee lammers in hulle eerste jaar, sonder gebrek en twee tiendes van ’n efa fyn meel as graanoffer, met olie gemeng en die drankoffer daarby bring;
10dit is die brandoffer vir elke Shabbat, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer daarby.
11Aan die begin van julle maande moet julle ’n brandoffer tot יהוה bring: twee jong bulle, een ram en sewe lammers in hulle eerste jaar, sonder gebrek,
12drie-tiendes van ’n efa fyn meel as graanoffer, met olie gemeng, vir elke bul en twee-tiendes fyn meel as graanoffer, met olie gemeng, vir die ram
13en een-tiende fyn meel as graanoffer, met olie gemeng, vir elke lam. Dit is ’n brandoffer as aangename geur, ’n offer deur vuur tot יהוה.
14Hulle drankoffers moet ’n half hin wyn vir ’n bul, ’n derde hin vir ’n ram en ’n kwart hin vir ’n lam wees. Dit is die brandoffer by elke maand, vir die maande regdeur die jaar.
15Een bokram moet ook as sondoffer aan יהוה geoffer word, saam met die drankoffer, behalwe vir die voortdurende brandoffer.
16Op die veertiende dag van die eerste maand, is die Pesag van יהוה. Lev 23
17Op die vyftiende dag van hierdie maand is ’n fees; sewe dae lank moet ongesuurde brood geëet word.
18Op die eerste dag moet daar ’n afgesonderde byeenkoms wees; jy mag géén werk doen nie
19en julle moet ’n offer deur vuur, as brandoffer, aan יהוה bring: twee jong bulle, een ram en sewe lammers in hulle eerste jaar, sonder gebrek.
20Hulle graanoffer moet fyn meel met olie gemeng wees: drie-tiendes van ’n efa vir ’n bul en twee-tiendes vir ’n ram moet julle offer.
21Jy moet een tiende van ’n efa offer vir elkeen van die sewe lammers
22en een bokram as sondoffer om vir julle toedekking te doen.
23Hierdie moet bo en behalwe die dagbreekbrandoffer, wat as voortdurende brandoffer dien, geoffer word.
24Op dié manier moet julle elke dag, sewe dae lank, die kos van die offer deur vuur as aangename geur vir יהוה offer; bo en behalwe die voortdurende brandoffer moet dit geoffer word, saam met die drankoffer daarby.
25Op die sewende dag moet daar vir julle ’n afgesonderde byeenkoms wees; julle mag géén werk doen nie.
26Op die dag van die eerste vrugte, wanneer julle ’n nuwe graanoffer by julle Fees van Weke (Shavu’ot) aan יהוה bring, moet daar vir julle ’n afgesonderde byeenkoms wees; julle mag géén werk doen nie.
27Julle moet ’n brandoffer as aangename geur tot יהוה bring: twee jong bulle, een ram, sewe lammers in hulle eerste jaar
28en hulle graanoffer van fyn meel met olie gemeng: drie tiendes vir elke bul, twee tiendes vir die ram,
29een tiende vir elkeen van die sewe lammers
30en een bokram om vir julle toedekking te doen.
31Julle moet dit offer saam met hulle drankoffers, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en sy graanoffer daarby, hulle moet sonder gebrek wees.
S'ha seleccionat:
Numeri 28: SPC
Subratllat
Copia
Compara
Comparteix
Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.