Levitikus 8

8
1 Eks 29 יהוה het met Mosheh gepraat en gesê:
2“Vat vir Aharon, sy seuns saam met hom, die klere, die salfolie, ’n bul as die sondoffer, twee ramme en die mandjie met ongesuurde koeke
3en maak die hele vergadering bymekaar by die ingang van die Tent van Ontmoeting.”
4Mosheh het gedoen soos יהוה hom beveel het en toe die vergadering bymekaargekom het by die ingang van die Tent van Ontmoeting,
5sê Mosheh vir die vergadering: “Dit is wat יהוה beveel het om gedoen te word.”
6Mosheh het Aharon en sy seuns laat naderkom en hulle met water gewas.
7Hy het vir hom die kleed aangetrek, hom met die gordel omgord en vir hom die bokleed aangetrek; hy het ook vir hom die skouerstuk aangetrek en hom omgord met die geweefde band van die skouerstuk en daarmee die skouerstuk aan hom vasgebind.
8Hy het toe vir hom die borsplaat aangesit en die Urim en die Tumim in die borsplaat gesit.
9Hy het ook die tulband op sy kop gesit en aan die tulband, aan die voorkant, die goue plaat, die afgesonderde kroon, gesit, soos יהוה Mosheh beveel het.
10Mosheh het die salfolie gevat en die Tent van Ontmoeting en alles wat daarin was, gesalf en dit afgesonder.
11Hy het sewe keer daarvan op die altaar gesprinkel, die altaar gesalf en al sy bybehore, met die kom en sy voetstuk, om dit af te sonder.
12Hy het van die salfolie op die kop van Aharon gegooi en hom gesalf om hom af te sonder.
13Mosheh het volgende die seuns van Aharon laat naderkom en vir hulle die klede aangetrek, hulle gegord met ’n gordel en vir hulle die tulbande omgebind soos יהוה Mosheh beveel het.
14Hy het die bul van die sondoffer laat naderkom en Aharon en sy seuns het hulle hande op die kop van die bul van die sondoffer gelê.
15Toe het Mosheh dit geslag en die bloed geneem en daarvan met sy vinger rondom aan die horings van die altaar gesmeer en die altaar gereinig. Hy het die orige bloed aan die onderkant van die altaar uitgegooi en dit afgesonder om toedekking daarvoor te doen.
16Hy het al die vet wat aan die binnegoed was, die vetlap aan die lewer, die twee niere en hulle vet gevat en Mosheh het dit op die altaar geoffer en in rook laat opgaan,
17maar die bul, sy vel, sy vleis en sy mis het hy buitekant die kamp met vuur verbrand, soos יהוה Mosheh beveel het.
18Hy het die ram as brandoffer gebring en Aharon en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.
19Mosheh het dit geslag en die bloed rondom teen die altaar gesprinkel.
20Hy het die ram in sy stukke verdeel en Mosheh het die kop, die stukke en die vet geoffer en in rook laat opgaan.
21Hy het die binnegoed en die pote met water gewas en Mosheh het die hele ram op die altaar geoffer en in rook laat opgaan; dit was ’n brandoffer as aangename geur, ’n offer deur vuur tot יהוה, soos יהוה Mosheh beveel het.
22Toe het hy die tweede ram, die ram van toewyding, gebring en Aharon, met sy seuns, het hulle hande op die kop van die ram gelê.
23Mosheh het dit geslag en van die bloed gevat en dit aan die regter oorbel van Aharon, aan die duim van sy regter hand en aan die groottoon van sy regter voet gesmeer.
24Mosheh het ook die seuns van Aharon laat naderkom en van die bloed aan hulle regter oorbel, aan die duim van hulle regter hand en aan die groottoon van hulle regter voet gesmeer en Mosheh het die bloed rondom teen die altaar gesprinkel.
25Hy het die vet gevat, die vetstert, al die vet wat aan die binnegoed was, die vetlap aan die lewer, die twee niere en hulle vet en die regterboud;
26uit die mandjie met ongesuurde brode wat voor יהוה was, vat hy een ongesuurde koek, ’n broodkoek met olie gemeng en een platkoek en hy het dit op die stukke vet en op die regterboud neergesit
27en dit alles in die hande van Aharon en die hande van sy seuns gesit en hy het dit as waaioffer voor יהוה gewaai.
28Mosheh het dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo-op die brandoffer, gebrand en in rook laat opgaan; ’n toewydingsoffer was dit, as aangename geur, ’n offer deur vuur tot יהוה.
29Mosheh het die bors gevat en dit as waaioffer voor יהוה gewaai. Dit was Mosheh se deel van die toewydingsram, soos יהוה Mosheh beveel het.
30Mosheh het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, gevat en dit op Aharon, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns, gesprinkel. So het hy Aharon, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns, afgesonder.
31Mosheh sê vir Aharon en sy seuns: “Kook die vleis by die ingang van die Tent van Ontmoeting en eet dit daar saam met die brood wat in die mandjie vir die toewydingsoffer is, soos ek beveel en voor gesê is: ‘Aharon en sy seuns moet dit eet.’
32Wat ook al van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand.
33Julle mag vir sewe dae lank nie by die ingang van die Tent van Ontmoeting uitgaan nie; vir die dae van julle toewyding om vervul te word. Vir sewe dae lank sal Hy julle hand bevestig.
34Soos hy vandag gedoen het, het יהוה beveel om te doen, om vir julle toedekking te bring.
35Julle moet daarom by die ingang van die Tent van Ontmoeting bly, dag en nag, sewe dae lank; julle moet die opdragte van יהוה hou sodat julle nie sterf nie, want so is ek beveel.” Lev 10:1,2
36So het Aharon en sy seuns alles gedoen wat יהוה deur die hand van Mosheh beveel het.

S'ha seleccionat:

Levitikus 8: SPC

Subratllat

Copia

Compara

Comparteix

None

Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió