Hoshea 5
5
1Hoor hierdie, o priesters! Let op, o huis van Yisra’el! Luister, o huis van die koning, want die oordeel is op julle van toepassing omdat julle ’n vangstrik by Mitzpah was en ’n vangnet, wat uitgesprei was oor Tavor.
2Die opstandiges het diep in boosheid weggeval, maar Ek sal hulle almal tugtig.
3Ek ken Efrayim en Yisra’el is nie vir My weggesteek nie, want nou het jy gehoereer, o Efrayim, Yisra’el het homself onrein gemaak.
4Hulle dade sal hulle nie toelaat om na hulle God terug te keer nie, want daar is ’n gees van hoerery in hulle en hulle het nie ’n verbondsverhouding met יהוה nie.
5Meer nog, die trots van Yisra’el getuig teen hom en Yisra’el en Efrayim struikel in hulle onregverdigheid; Y’hudah het ook saam met hulle gestruikel.
6Hulle sal met hulle kleinvee en hulle beeste gaan om na יהוה te soek, maar hulle sal Hom nie vind nie; Hy het van hulle af onttrek.
7Hulle het verraderlik gehandel teen יהוה, want hulle het geboorte gegee aan buite-egtelike kinders. Nou sal die Nuwemaan hulle saam met hul land verteer.
8Blaas die ramshoring in Giv’ah, die trompet in Ramah! Laat hoor die alarm by Beit-Aven: “Agter jou, Binyamin!”
9Efrayim sal ’n verlatenheid onder die stamme van Yisra’el word op die dag van bestraffing; verklaar Ek wat seker is.
10Die prinse van Y’hudah het geword soos hulle wat ’n grenslyn skuif. Deut 27:17 Ek sal My toorn oor hulle uitgiet soos water.
11Efrayim is onderdruk, stukkend gebreek deur oordeel, want hy was vasbeslote om mense se opdragte uit te voer;
12daarom is Ek vir Efrayim soos ’n mot en vir die huis van Y’hudah soos ’n verrotting.
13Toe Efrayim sy siekte sien en Y’hudah sy wond, het Efrayim na Ashur gegaan en gestuur na koning Yarev, maar hy is nie in staat om julle te genees of julle van julle wond gesond te maak nie,
14want Ek is soos ’n leeu vir Efrayim en soos ’n jong leeu vir die huis van Y’hudah. Ek, Ek sal verskeur en weggaan, Ek sal wegdra en daar sal niemand wees om te bevry nie.
15Ek sal weggaan, terugkeer na My plek toe totdat hulle hul skuld erken en My Teenwoordigheid soek. In hulle pyniging sal hulle My ernstig soek.
S'ha seleccionat:
Hoshea 5: SPC
Subratllat
Copia
Compara
Comparteix
Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.