Hoshea 12

12
1Efrayim hou hom besig met wind en hy volg die oostewind voortdurend na; hy vermenigvuldig leuens en geweld. Meer nog, hy sluit ’n verbond met Ashur en olie word na Mitzrayim gedra.
2יהוה het ook ’n twis met Y’hudah en sal Ya’akov straf volgens sy lewenswyse, hom terugbetaal volgens sy dade.
3In die moederskoot het hy sy broer aan die hakskeen gevat en in sy volwassenheid het hy met God geveg. Gen 25:26; 32:24-29
4Ja, hy het met die boodskapper geworstel en die oorhand gekry; hy het gehuil en Sy guns gesoek. Hy het Hom by Beit-El gevind en daar het Hy met ons gepraat,
5יהוה, God van die leërmagte, יהוה is Sy Naam (Karakter en Outoriteit).
6Keer daarom terug tot jou God, beoefen liefdevolle omgee en regverdige oordeel en wag voortdurend op jou God.
7’n Handelaar, in wie se hand vals weegskale is, hy hou daarvan om te bedrieg.
8Efrayim sê: “Ek het sekerlik ryk geword, ek het rykdom vir myself gevind; in al my arbeid sal hulle geen onregverdigheid in my vind, wat sonde sou wees nie.” Open 3:17
9Ek is egter יהוה, jou God, sedert die land van Mitzrayim af; Ek sal jou weer in tente laat woon soos in die dae van die aangestelde fees (Sukkot).
10Ek het ook met die profete gepraat en Ek het baie visioene gegee en deur die profete het Ek vergelykende stories gegee.
11Is daar boosheid in Gil’ad? Hulle is sekerlik waardeloos. In Gilgal offer hulle bulle; ja, hulle altare is soos kliphope langs die vore van die lande.
12Ya’akov het gevlug na die land van Aram en Yisra’el het gewerk om ’n vrou te kry en vir ’n vrou het hy vee opgepas,
13maar deur ’n profeet het יהוה Yisra’el uit Mitzrayim gebring en deur ’n profeet is hulle versorg.
14Efrayim het bitter woede opgewek; so sal sy God sy skuld vir bloedvergieting op hom los en sy smaad terugbring na hom toe.

S'ha seleccionat:

Hoshea 12: SPC

Subratllat

Copia

Compara

Comparteix

None

Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió