Eksodus 33

33
1יהוה het vir Mosheh gesê: “Gaan hiervandaan op, jy en die volk wat jy vanuit die land van Mitzrayim op gebring het, na die land wat Ek met ’n eed aan Avraham, Yitz’gak en Ya’akov beloof en gesê het: ‘Aan jou nageslag sal Ek dit gee.’
2Ek sal ’n boodskapper voor jou uit stuur en die Kena’aniete, Emoriete, Hittiete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete verdryf.
3Gaan op na ’n land wat vloei met melk en heuning, want Ek sal nie tussen julle optrek nie sodat Ek julle nie dalk op die pad verteer omdat julle ’n hardnekkige volk is nie.” Hand 7:51
4Toe die volk hierdie hartseer woord hoor, het hulle getreur en niemand het sy versierings aangesit nie,
5want יהוה het vir Mosheh gesê: “Sê vir die seuns van Yisra’el: ‘Julle is ’n hardnekkige volk; as Ek vir een oomblik tussen julle sou inkom, sou ek julle vernietig. Haal daarom nou julle versierings af, dan sal Ek weet wat Ek met julle moet doen.’”
6So het die seuns van Yisra’el hulleself gestroop van hulle versierings vanaf die berg Horev en verder.
7Mosheh het ’n tent gevat en dit vir hom buitekant die kamp opgeslaan, ver van die kamp af en dit die Tent van Ontmoeting genoem. Dit het so gebeur dat elkeen wat יהוה wou raadpleeg, na die Tent van Ontmoeting, wat buite die kamp was, uitgegaan het.
8Wanneer Mosheh uitgaan na die tent toe, staan die hele volk op en gaan elkeen by die ingang van sy tent staan en hou Mosheh dop totdat hy in die tent ingegaan het.
9Dit het gebeur dat wanneer Mosheh in die tent ingaan, die wolkkolom afkom en by die ingang van die tent gaan staan en יהוה het met Mosheh gepraat.
10Al die mense het die wolkkolom gesien staan by die ingang van die tent en almal het opgestaan en op die grond gaan lê, elkeen by die ingang van sy tent.
11So het יהוה met Mosheh van aangesig tot aangesig gepraat, soos ’n man met sy vriend praat. Num 12:8 Wanneer hy na die kamp toe teruggegaan het, het sy dienskneg, die jongman Y’hoshua, die seun van Nun, nie van die tent af weggegaan nie.
12Mosheh het vir יהוה gesê: “Dink daaraan hoe U vir my gesê het: ‘Bring hierdie volk op,’ maar U laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie. Tog het U gesê: ‘Ek ken jou by die naam (karakter en outoriteit) en jy het ook guns in My oë gevind.’
13Ek vra daarom nou: as ek guns in U oë gevind het, wys my nou U paaie sodat ek ’n verbondsverhouding met U kan hê en guns vind in U oë en dink ook daaraan dat hierdie nasie U volk is.”
14Hy antwoord: “My Teenwoordigheid sal saam met jou gaan en Ek sal vir jou rus gee.”
15Hy sê vir Hom: “As U Teenwoordigheid nie saam met ons gaan nie, moet ons nie hiervandaan laat opgaan nie,
16want waaraan sou dit bekend wees dat ek en U volk guns in U oë gevind het, as dit nie is deurdat U saam met ons gaan nie? So sal ons, ek en U volk, onderskeibaar wees van al die ander volke wat op die aarde is.”
17יהוה sê vir Mosheh: “Ek sal ook dit doen wat jy gesê het, want jy het guns gevind in My oë en Ek ken jou by die naam (karakter en outoriteit).”
18Hy vra: “Laat my asseblief U grootsheid en glorie sien.”
19Hy antwoord: Ek sal al My goedheid by jou laat verbygaan en voor jou die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה verklaar. Ek sal guns bewys aan wie Ek guns wil bewys en liefdevolle omgee oor wie Ek My ontferm. Rom 9:15
20Tog het Hy gesê: “Jy kan My gesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.”
21יהוה het gesê: “Let op, hier is ’n plek by My waar jy op die rots moet staan
22en terwyl My grootsheid en glorie verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots sit en jou met My hand toedek totdat Ek verbygegaan het.
23Dan sal Ek My hand wegvat en jy sal My van agter sien, maar My gesig kan nie gesien word nie.”

S'ha seleccionat:

Eksodus 33: SPC

Subratllat

Comparteix

Compara

Copia

None

Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió