Eksodus 15
15
1Toe het Mosheh en die seuns van Yisra’el hierdie lied tot eer van יהוה gesing en dit is wat hulle gesê het: “Ek wil sing tot eer van יהוה, want Hy is verhewe opgelig. Die perd en sy ruiter het Hy in die see gegooi.
2Yah is my Sterkte en my Lied en Hy het my Verlossing geword. Hy is my Magtige God, ek sal Hom vereer; die God van my vader, ek sal Hom oplig.
3יהוה is ’n Oorwinnaar in geveg; יהוה is Sy Naam (Karakter en Outoriteit).
4Farao se strydwaens en sy leërmag het Hy in die see gegooi en sy gekose kapteins het ook in die Sufsee verdrink.
5Die dieptes het hulle toegedek. Hulle het na die dieptes gesink soos ’n klip.
6יהוה, U regterhand is vorstelik in krag. U regterhand, יהוה, verpletter die vyand.
7In U oorvloedige grootheid gooi U diegene neer wat teen U opstaan. U stuur U brandende woede uit en dit verteer hulle soos stoppels.
8Met die blaas van U neusgate het die waters opgehoop, die strome het bly staan soos ’n wal, die dieptes het inmekaar gekrimp in die hart van die see.
9Die vyand het gesê: ‘Ek sal agtervolg, inhaal, die buit verdeel, my begeerte sal oor hulle versadig word; ek sal my swaard uittrek, my hand sal hulle vernietig.’
10U het met U asem geblaas en die see het hulle toegedek; soos lood het hulle gesink in die magtige waters.
11יהוה, wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, groot in afgesonderdheid, eerbiedwaardig in lofprysing, in die doen van wonderwerke?
12U het U regterhand uitgesteek, die aarde het hulle ingesluk.
13U het deur U onverdiende guns die volk wat U losgekoop het uitgelei; U het hulle deur U sterkte na U afgesonderde blyplek gelei.
14Die volke het dit gehoor en hulle bewe; angs het die inwoners van P’leshet aangegryp.
15Toe het die hoofde van Edom van binne gebewe, bewing het die magtiges van Mo’av beetgekry. Al die inwoners van Kena’an het weggesmelt.
16Vrees en verskrikking het op hulle geval; deur die grootheid van U arm was hulle bewegingloos soos ’n klip terwyl U volk deurtrek; terwyl die volk wat U, יהוה, losgekoop het, deurtrek.
17U bring hulle en plant hulle op die berg van U erfenis, in die plek, יהוה, wat U vir Uself as blyplek gemaak het, die Afgesonderde Plek wat U hande daargestel het, יהוה!
18יהוה sal regeer vir ewig en ewig,
19want Farao se perde, met sy strydwaens en ruiters, het in die see ingegaan en יהוה het die waters van die see oor hulle laat terugkom, maar die seuns van Yisra’el het op droë grond deur die see geloop.”
20Miryam, die profetes, die suster van Aharon, het ’n tamboeryn in haar hand gevat en al die vroue het agter haar uitgegaan, met tamboeryne en danse.
21Miryam het hulle geantwoord: “Sing tot eer van יהוה, want Hy is hoog verhewe. Hy het die perd met sy ruiter in die see gegooi.”
22Mosheh het die Yisra’eliete verder gevat van die Sufsee af en hulle het uitgetrek in die wildernis van Shur in. Hulle het drie dae lank in die wildernis ingetrek en geen water gekry nie.
23Toe hulle by Marah kom, kon hulle die water van Marah nie drink nie, want dit was bitter; daarom het die plek die naam, Marah.
24Toe kla die volk teen Mosheh en sê: “Wat moet ons drink?”
25Hy het uitgeroep na יהוה en יהוה het vir hom ’n boom gewys. Toe hy dit in die water gegooi het, is die water soet gemaak. Daar het Hy vir hulle voorskrifte en riglyne geleer en hulle daar getoets Eks 24:7
26en gesê: “As julle getrou na die stem van יהוה, julle God, luister en doen wat reg is in Sy oë, luister na Sy opdragte en al Sy voorskrifte hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op die land van Mitzrayim gelê het nie, want Ek, יהוה, is die Een wat jou gesond maak.”
27Hulle het by Eilim gekom, waar twaalf waterfonteine en sewentig palmbome was en het daar, by die water, kamp opgeslaan.
S'ha seleccionat:
Eksodus 15: SPC
Subratllat
Comparteix
Compara
Copia
Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.